Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 5/8 bl. 32
  • Hulp om die dood van ’n baba te verwerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp om die dood van ’n baba te verwerk
  • Ontwaak!—1999
Ontwaak!—1999
g99 5/8 bl. 32

Hulp om die dood van ’n baba te verwerk

’N MOEDER van Brittanje het geskryf om te sê dat sy die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf waardeer het. “Vir ons gesin is die brosjure beslis voedsel op die regte tyd.” Toe het sy verduidelik:

“Ons kon ons met die ondervindings in die brosjure vereenselwig. Dit was so vertroostend om te weet dat daar ander was, en nog steeds is, wat soos ons voel.

“Ek het veral die deel waardeer wat erken het dat ’n miskraam ’n sterfte is en dat dit verdriet veroorsaak. Baie mense verstaan nie hierdie verdriet nie, omdat die baba nie werklik buite die baarmoeder geleef het en hulle hom nie as ’n persoon leer ken het nie.

“Ek het nie gewone miskrame gehad nie . . . Ek moes albei kere gaan sodat die geboorteproses aangehelp kon word en het aan dooie babas geboorte gegee. Ek voel dieselfde as Veronica (op bladsy 10 van die brosjure), wat gesê het: ‘Dit is verskriklik vir ’n moeder om aan ’n dooie baba geboorte te gee.’”

Miskien sal jy of iemand wat jy ken ook vertroosting vind deur hierdie brosjure met 32 bladsye te lees wat deur soveel mense waardeer word. Jy kan Wanneer ’n geliefde sterf ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

◻ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek ’n eksemplaar van die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf kan kry.

◻ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel