“Soos hout op ’n vuur”
DIT is hoe Jennifer, ’n 16-jarige meisie van Oakland, Kalifornië, VSA, Die Wagtoring en Ontwaak! beskryf het. “Deur my ywer voortdurend met hulle inhoud te voed, brand dit sterk”, is hoe sy dit gestel het. “Die manier waarop dinge geskryf word”, het sy gesê, “maak dit duidelik dat dit geskryf word om die waarheid oor sake aan diegene in die donker te openbaar.”
Jennifer het ook geskryf om dankie te sê vir “al die inligting wat die geldigheid van die Bybel verdedig”. Sy het gesê: “Byna elke persoon met wie ek praat, het nie vertroue in die Bybel nie. Die feit dat julle al hierdie inligting publiseer wat bewys dat dit die moeite werd is om die Bybel te ondersoek, laat my besef dat hierdie inligting nie net nodig is waar ek woon nie.”
Dit is beslis waar. Inligting wat die waarde van die Bybel beklemtoon, is ongetwyfeld regoor die wêreld nodig. Dit is waarom die brosjure ’n Boek vir alle mense voorsien is. Dit beantwoord vrae soos: Kan die Bybel vertrou word? Kom dit met die wetenskap ooreen? Is dit ’n praktiese boek vir die hedendaagse lewe?
Jy kan hierdie brosjure met 32 bladsye ontvang deur die bygaande koepon in te vul en te pos na die adres wat op die koepon verskyn of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.
□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek ’n eksemplaar van die brosjure ’n Boek vir alle mense kan kry.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.