Wil jy God graag behaag?
Is jy bewus van ’n geestelike behoefte in jou lewe? Voel jy dat daar iets ontbreek in ’n wêreld waar dit lyk of net materiële waardes belangrik is? Wil jy God graag leer ken en ’n hegte verhouding met hom hê?
Jy sê dalk: ‘Ja, maar hoe kan ek dit doen? Is dit nie moeilik om die Bybel te lees en te verstaan nie?’ Sommige mense was dalk net ’n paar jaar op skool weens hulle moeilike ekonomiese situasie, en hulle sukkel moontlik om te lees. Hoe kan hulle gehelp word om God en sy vereistes vir die ewige lewe te leer ken?
In 1996 het die Wagtoringgenootskap ’n publikasie vrygestel, wat nou in 211 tale beskikbaar is, met die titel Wat vereis God van ons? Dit is ’n volkleurbrosjure met 32 bladsye wat bestaan uit 16 dele en die Bybel se eenvoudige antwoorde gee op vrae soos: Wie is God? Wie is Jesus Christus? Wat is God se voorneme met die aarde? Hoe kan jy die ware godsdiens vind? Die brosjure bespreek ook hoe ons nader aan God kan kom deur gebed en hoe ons gesinslewe kan geniet wat God behaag.
As jy ’n eksemplaar van hierdie brosjure wil hê, stuur asseblief die bygaande koepon aan ons.
□ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek die brosjure Wat vereis God van ons? kan kry.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.