“Sal alle mense mekaar ooit liefhê?”
Gedurende Oktober en November van 1997 is daar regoor die wêreld meer as 300 miljoen eksemplare van die traktaat met vier bladsye “Sal alle mense mekaar ooit liefhê?” in meer as 100 tale versprei. Talle gunstige kommentare is daaroor gelewer, waaronder die volgende bespreking in die Express-Times van Easton, Pennsilvanië, VSA:
“Dit vestig die aandag op bure wat liefdeloos teenoor mekaar geword het—wat mekaar selfs kwaad aandoen, soos in Bosnië-Herzegowina en Rwanda, waar mense van verskillende etniese en godsdiensgroepe wat lank reeds bure was mekaar uitgemoor het.
“Dit het vertel hoe bejaardes hier in ons land alleen woon waar niemand hulle besoek nie, en een treffende foto toon die gesig van ’n vrou wat vreesbevange deur die skrefie van ’n vasgekettingde deur loer.”
Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Slowenië het die volgende versoek van Die Impresie- Filosofiese Letterkundeklub ontvang: “Wat die verduideliking van godsdienswaarheid betref, het die Rooms-Katolieke Kerk ongelukkig in Slowenië die alleenreg. Om hierdie godsdienswaarhede beter te verstaan, vra ons nederig dat julle asseblief 50 eksemplare van die traktaat met die titel “Sal alle mense mekaar ooit liefhê?” aan ons sal stuur. Dit val ons op as iets unieks, nie net wat die inhoud betref nie, maar ook die visuele trefkrag daarvan.”
As jy ook graag bewyse wil ontvang dat ’n wêreld vol mense wel in vrede en harmonie kan saamleef, kan jy gerus die bygaande koepon invul en pos.
◻ Stuur asseblief vir my meer inligting oor hoe ek ’n eksemplaar van die brosjure Gee God werklik vir ons om? kan kry.
◻ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.