‘Ek wag gretig op die komende Paradys’
Dit is wat ’n 14-jarige met die naam Aleksandr in ’n brief gesê het wat hy aan die Wagtoringgenootskap se Russiese takkantoor geskryf het. Hierdie jong Russiese seun het eksemplare van Die Wagtoring sowel as van die ander lektuur ontvang wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word. Hy het in sy brief verduidelik:
“Toe ek en my ouers per trein na Khabarowsk gereis het, het Jehovah se Getuies met ons gepraat. Hulle het ons baie vertel oor Bybelprofesieë, die laaste dae en die ewige lewe op die aarde.”
Die seun het afgesluit: “Hoe wonderlik is dit tog om te besef dat goddeloosheid binnekort tot ’n einde gaan kom en dat mense vir ewig op die aarde sal lewe! Ek wag gretig op die tyd wanneer die aarde in ’n pragtige paradys omskep gaan word. Ek sal dit baie waardeer as julle vir my kan skryf hoe Bybelstudies gehou word.”
Miskien wil jy ook graag meer inligting oor God se voornemens hê. Indien wel, kan jy gerus die koepon hieronder invul en dit pos aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.
□ Ek wil graag meer inligting hê oor hoe ek die brosjure Wat vereis God van ons? kan ontvang.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.