“’n Wêreld wat in vrede en harmonie saamleef”
Glo jy dat dit ooit kan gebeur? ’n Vrou van Florida, VSA, het geskryf: “Julle traktaat Sal alle mense mekaar ooit liefhê? is een van die kragtigste boodskappe van hoop wat ek al gelees het. Ek het dit oor en oor gelees. Elke keer wat ek dit lees, is ek verheug—oor die liefdevolle gedagte aan ’n wêreld wat in vrede en harmonie saamleef.”
As jy ook graag bewyse wil ontvang dat ’n wêreld vol mense wel in vrede en harmonie kan en sal saamleef, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5. Jy kan ook skryf om uit te vind hoe jy ’n eksemplaar van die brosjure met 32 bladsye Gee God werklik vir ons om? kan ontvang. Ons is seker dat deel 10, “Die wonderlike nuwe wêreld wat God tot stand gaan bring”, jou hart sal verbly.