Waar kan ons die antwoorde vind?
Al hoe meer mense word oorweldig deur die probleme en ingewikkelde vrae waarvoor hulle vandag te staan kom. Hoe moet ons leuens beskou? Is dit reg om te dobbel? Is dit verkeerd om by spiritisme betrokke te raak? Hoe moet ons aborsie beskou? Is dit verkeerd om dronk te word of vir ongetroude mense om geslagsomgang te hê?
Die vrae is nimmereindigend. En hulle raak nie net ons lewe nie, maar ook dié van ons geliefdes. Mense wil antwoorde hê waarby hulle baat sal vind. Iemand, van Mississippi, in die Verenigde State, wat so gevoel het, het aan die Wagtoringgenootskap geskryf:
“Agter in julle boek met die titel Die geheim van gesinsgeluk het ek ’n gedrukte vraag teëgekom wat vra of ek meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê. Ek wil beslis!
“Sedert die somer van 1995 lees en bestudeer ek my Bybel. Ek doen alles in my vermoë om die Bybel te verstaan sodat ek dit vir my eie geestelike doeleindes kan gebruik en, nog beter, sodat ek ander kan leer. As julle sê dat julle gratis inligting stuur, wil ek dit beslis hê!”
As jy ook graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die boek Die geheim van gesinsgeluk met 192 bladsye kan ontvang of as jy wil hê dat iemand jou moet besoek om ’n gratis tuisbybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.