“’n Eersteklas tydskrif”
Het jy al vantevore die Ontwaak! gelees? Hoe sou jy die eksemplaar beoordeel wat jy in jou hand het? Dink jy dat die artikels leersaam, goed nagevors en mooi geïllustreer is?
’n Vryskutskrywer van Nigerië, Afrika, het geskryf: “Ek lees die Ontwaak! gereeld, alhoewel ek nie een van Jehovah se Getuies is nie. Die Ontwaak! is ’n eersteklas tydskrif. Dit is vir my ’n bron van skeppende idees. Die buiteblaaie is treffend, en maak dat ’n onbevooroordeelde leser nie kan wag om dit te lees nie. Elke nommer vertoon buitengewone kreatiwiteit; elke bladsy, joernalistieke uitmuntendheid. Met tydige en uitstekende artikels is elke nommer ’n pragtige aanbieding van kosbare en waardevolle inligting.”
Ons wil jou aanmoedig om die artikels in hierdie eksemplaar van die Ontwaak! te ondersoek. As jy meer inligting wil hê oor hoe om nog ’n eksemplaar te ontvang, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5. Ons sal met graagte vir jou nog ’n eksemplaar pos of, as jy dit versoek, reël dat iemand jou tuis besoek om die betekenis van die tye waarin ons leef met jou te bespreek.