Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 9/8 bl. 3
  • Die tragedie van sterfgevalle onder jongmense

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die tragedie van sterfgevalle onder jongmense
  • Ontwaak!—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Lang geskiedenis van sterfgevalle onder jongmense
  • Tasmanië—klein eiland, unieke verhaal
    Ontwaak!—1997
  • Wat is die uitdagings?
    Ontwaak!—2009
  • Hedendaagse jongmense—Die uitdagings waarvoor hulle te staan kom
    Ontwaak!—1990
  • Die Bybel en tienersedes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 9/8 bl. 3

Die tragedie van sterfgevalle onder jongmense

“Ek kry net hierdie gevoel dat ons geslag aan die uitsterf is.”—Johanna P., 18-jarige eerstejaarstudent, Connecticut, VSA.

POLISIEBEAMPTES het op ’n afgryslike toneel afgekom op ’n plaas net buite Hobart, die hoofstad van Tasmanië, Australië se eilandstaat. In die huis was vier meisies tussen die ouderdomme van 10 en 18. Almal was dood; hulle is deur hulle vader vermoor wat daar naby gelê het met ’n koeël deur sy kop. Hy het sy regterhand met ’n byl afgekap. Hierdie moord-selfmoord het die hele bevolking van Tasmanië geruk. En dit het mense laat wonder—Waarom? Waarom daardie vier onskuldige meisies?

België sukkel nog om oor die skok te kom van die seksuele molestering van ses meisies en die moord op vier van hulle deur ’n verkragter wat op parool was. En dieselfde vraag—Waarom? In Argentinië glo party moeders dat 30 000 mense, waarvan baie hulle seuns en dogters was, verdwyn het in wat nou as die vuil oorlog bekend staan.a Party van hierdie arme mense is gemartel, verdoof en toe in ’n vliegtuig gelaai waaruit hulle in die see gegooi is. Baie van hulle is uitgegooi terwyl hulle nog gelewe het. Waarom moes hulle sterf? Hulle moeders wag nog steeds op antwoorde.

In 1955 het die Wêreldkongres van Moeders oorlog as sinloos veroordeel en verklaar dat die kongres “bowenal ’n groot uitroep [is], ’n waarskuwende uitroep van alle vroue wat sukkel om hulle kinders, groot en klein, te beskerm teen die euwels van oorlog en die voorbereidings vir oorlog”. Dit is ironies dat die aantal jongmense wat sedert daardie kongres in bloedige konflikte gesterf het steeds wêreldwyd toeneem—’n geweldige verlies vir die mensdom se genepoel.

Lang geskiedenis van sterfgevalle onder jongmense

Die bladsye van die geskiedenis is deurtrek van die bloed van jongmense. Selfs in ons sogenaamd verligte 20ste eeu het rasse- en stamkonflikte die jeug ’n hoofteiken vir slagting gemaak. Dit lyk asof jongmense met hulle lewe moet betaal vir die foute en ambisies van vorige geslagte.

In een Afrikaland is ’n groep godsdienstige tienersoldate, wat hulleself die Here se Weermag noem, geïndoktrineer met die idee dat hulle nie deur koeëls seergemaak kan word nie, berig die tydskrif The New Republic. Dit is geen wonder dat die artikel die titel “Geen tieners oor nie” gehad het nie! Gesinne wat beroof is van seuns en dogters—wat op die ou end toe nie teen koeëls bestand was nie—vra tereg: Waarom moes ons jong kinders sterf? Wat was die doel van dit alles?

Benewens al hierdie ellende en lyding is daar ook die hoë selfmoordsyfer onder jongmense.

[Voetnoot]

a Die so genoemde vuil oorlog het plaasgevind gedurende die bewind van ’n militêre junta (1976-83) waarin duisende mense doodgemaak is wat van ondermyning verdink is. Ander skattings van die aantal slagoffers gee syfers tussen 10 000 en 15 000.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel