Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 8/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Verstaan die vrees om te hakkel
    Ontwaak!—1997
  • Hakkelry—Is daar ’n oplossing?
    Ontwaak!—2010
  • Hoe ek hakkelry die hoof bied
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 8/8 bl. 30

Van ons lesers

Ons beskou die wêreld Ek is ’n koerantman, en baie van my kollegas geniet dit om die rubriek “Ons beskou die wêreld” te lees om idees vir hulle eie werk te kry. Ek moet erken dat party van die artikels my ook al ’n paar idees gegee het. Ek bewonder veral julle vertalers en proeflesers. Sulke hoë taalstandaarde is nie iets algemeens in die massamedia nie.

J. B., Tsjeggië

Toe ek jare gelede die Ontwaak! begin lees het, het ek die minste van “Ons beskou die wêreld” gehou. Nou dink ek dat dit uiters leersaam is. Trouens, baie wêreldgebeure wat ek nie op die TV se nuusuitsendings gesien het nie, is in “Ons beskou die wêreld” gedek. Hou so aan!

I. K. M. C., Brasilië

Peste Die reeks “Peste—Sal dit ooit eindig?” (22 November 1997) het gesê: ‘Besmetlike siektes is nog steeds die wêreld se vernaamste doodsoorsaak, en dit het in 1996 alleen meer as 50 miljoen lewens geëis.’ Maar ’n verslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dat oor die 17 miljoen van die meer as 52 miljoen sterfgevalle in 1996 die gevolg was van besmetlike of parasitiese siektes.

B. B., Verenigde State

Ons bron vir hierdie kommentaar was die Duitse koerant “Nassauische Neue Presse”. Die Wêreldgesondheidsorganisasie is klaarblyklik verkeerd aangehaal deur hierdie koerantberig. Ons waardeer derhalwe hierdie verduideliking.—RED.

Hakkelry Dankie vir die artikel “Verstaan die vrees om te hakkel” (22 November 1997). Daar is ’n paar jongmense in ons gemeente met hierdie probleem, en ek het nog altyd ongemaklik gevoel om met hulle te assosieer. Ek was dus bly oor die praktiese wenke wat julle gegee het om ons te help om met hakkelaars oor die weg te kom. Julle het ons beweeg om sulke mense te ondersteun, en julle het ons geleer hoe om dit te doen.

Y. N., Japan

By die skool is daar twee kinders in my klas wat hakkel. Hulle antwoord omtrent nooit in die klas nie, en soos julle artikel gesê het, is hulle duidelik senuweeagtig wanneer hulle gevra word om hardop te lees. Danksy julle artikel kan ek die vrees beter verstaan wat hulle moet oorkom om in die klas te kan praat.

S. L., Duitsland

Ek is 16 jaar oud, en ek is ’n hakkelaar. Ek wil julle opreg bedank vir die aanmoediging wat ek ontvang het deur die artikel te lees. Soms voel ons neerslagtig omdat ons nie alles kan doen wat ons graag wil doen nie. Daarom is dit wonderlik om te sien dat Jehovah aan ons dink en ons aanmoedig. Ek hoop dat almal wat die artikel lees, gehelp sal word om te besef hoe hakkelaars hulle moet inspan.

S. D. A., Italië

Die artikel het soveel pynlike herinneringe teruggebring. Maar dit het my ook laat besef hoeveel Jehovah omgee en hoeveel hy my deur die jare heen geseën het. Toe ek op 11-jarige ouderdom gedoop is, was dit my grootste begeerte om Jehovah as ’n openbare spreker te loof. Ek het gedink dat ek vir God se nuwe wêreld sou moes wag om daardie doel te verwesenlik. Maar oor die afgelope 37 jaar het ek die voorreg gehad om talle openbare toesprake te hou, asook toesprake voor gehore by kring- en streekbyeenkomste.

R. F. D., Engeland

Weens my vrees dat ek sal hakkel, lewer ek nie kommentaar by gemeentelike vergaderinge nie. Ek is ook bang dat ek sal hakkel in die huis-tot-huis-predikingswerk, veral wanneer ek saam met iemand werk wat vlot praat. Hierdie artikel het my gehelp om te besef dat Jehovah my probleme verstaan.

C. C. L., Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel