Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 5/8 bl. 32
  • ’n Joernalis waardeer die Ontwaak!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Joernalis waardeer die Ontwaak!
  • Ontwaak!—1998
Ontwaak!—1998
g98 5/8 bl. 32

’n Joernalis waardeer die Ontwaak!

Die volgende aanbeveling het in die High Country News, wat in Paonia, Colorado, VSA, uitgegee word, van 13 Oktober 1997 verskyn.

“Greenpeace [’n internasionale omgewingsbewuste organisasie] gaan miskien nie meer van deur tot deur nie, maar ’n ander groep sit wel hulle jare lange werwingswerk voort, en hulle lê dikwels klem op omgewingsake. Hulle versprei miljoene eksemplare [19 miljoen van elke nommer] van hulle materiaal in ongeveer 60 [eintlik 81] tale, waaronder Pidgin-Engels, Hiligaynon en Zulu. Die nommer van 8 Julie [1997] het die volgende vraag op die voorblad gevra: ‘Wie sal ons diere red?’, en dit het ’n artikel bevat wat gehandel het oor die vinnige uitsterwingstempo (drie per uur), die ‘biologiese gesondheid van die planeet’ en ekologiese vandalisme . . . Die nommer van 22 Aug. 1997 het ’n bespreking gehad oor ‘Die waterkrisis: ’n Wêreldwye probleem’, asook die uitwerking van bevolkingsaanwas, besoedeling en internasionale spanning oor die benutting van riviere . . . Hoewel die inligting op die wetenskap gegrond is en ’n verskeidenheid onderwerpe dek, is baie van hierdie artikels se slotsom alles behalwe wat hoofstroomomgewingsbewustes voorstaan. As jy die aarde wil help herstel, sê hulle dat jy ‘dan gerus moet leer wat God van jou vereis deur die Bybel te bestudeer’.

“Die groep is Jehovah se Getuies, en die publikasie is die Ontwaak! As hulle jou nie tuis besoek nie, kan jy skryf aan [Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika].”

Ons sou dit skaars beter kon stel, behalwe om by te voeg: “of skryf na die naaste adres wat op bladsy 5 van die Ontwaak! aangegee word”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel