Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 4/22 bl. 31
  • ‘Dit was soos om heuning te eet’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Dit was soos om heuning te eet’
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Studievrae vir die brosjure Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Is God ’n Drie-eenheid?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Deel 1—Het Jesus en sy dissipels die Drie-eenheidsleer verkondig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Moet jy dit glo?
    Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 4/22 bl. 31

‘Dit was soos om heuning te eet’

IN DIE middel van 1993, in Altus, Oklahoma, VSA, het ’n besorgde vader, ’n eerste sersant in die Amerikaanse Lugmag, om leiding gebid ten einde sy dogter te help wat huweliksprobleme gehad en ’n egskeiding oorweeg het. Die volgende oggend het een van Jehovah se Getuies aan sy deur geklop en vir hom die Ontwaak! van 8 Julie 1993 aangebied, met die onderwerp “Egskeiding—Die sleutel tot ’n gelukkiger lewe?”

Hoewel die man nog nooit van die Getuies gehou het en nog nooit tevore na hulle geluister het nie, het hy geredelik daardie Ontwaak! geneem en gelees. Later het hy tekste en gedagtes daaruit met sy dogter bespreek. Hy het ook Die Wagtoring gelees wat saam met die Ontwaak! by hom gelaat is. Dit het ’n artikel bevat wat hom diep laat nadink het oor sy lewenslange geloof in die Drie-eenheid. Hy het besef dat sy gebed om hulp in verband met sy dogter verhoor word, maar hy het gewonder waarom God dan sy gebede verhoor deur mense te gebruik wat nie aan die Drie-eenheid glo nie. Hy het geredeneer dat God sekerlik nie mense gebruik om gebede te beantwoord as hulle nie die waarheid leer nie.

Dit het hom dus aangespoor om die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies te bel om lektuur te kry wat hulle oortuiging met betrekking tot die Drie-eenheid in meer besonderhede verduidelik. Die man wat die oproep beantwoord het, het ’n vergadering van Christen- ouer manne bygewoon. Die lugmagsersant het onmiddellik na die Koninkryksaal gegaan, waar hy die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe en die brosjure Moet jy aan die Drie-eenheid glo? ontvang het.

Daardie nag het die man die hele brosjure deurgelees. Hy het later gesê dat hy so opgewonde geraak het terwyl hy dit gelees het dat hy ’n bietjie moes ophou en vir homself moes sê: ‘Kalmeer nou. Dit is onmoontlik. Dit is net te goed om te glo.’ Hy het verduidelik dat die brosjure die Bybel se argumente teen die Drie-eenheidsleerstelling so duidelik uiteengesit het dat dit vir hom “was net soos om heuning te eet” toe hy dit gelees het. Die volgende aand het hy vir die eerste keer ’n vergadering van Jehovah se Getuies bygewoon, en hy was baie ingenome met wat hy gehoor het.

Ná sy eerste Bybelstudie saam met Jehovah se Getuies en ’n deeglike bespreking van die Bybelse beskouing oor rook, het hy sy sigarette vernietig en nooit weer gerook nie. Daar is ’n paar maal elke week ’n Bybelstudie met hom gehou. Drie maande nadat hy die Drie-eenheid-brosjure gelees het, en nadat hy uit die weermag getree het, het hy saam met die Getuies aan die openbare predikingswerk begin deelneem. Drie maande later het hy sy toewyding aan Jehovah God gesimboliseer en is hy gedoop. Hy dien tans as ’n voltydse bedienaar.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel