Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 4/22 bl. 12
  • Waarom sterre nie gesien kan word nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom sterre nie gesien kan word nie
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Die sterre en die mens—Is daar ’n verband?
    Ontwaak!—1994
  • Die sterre het wel ’n boodskap vir jou!
    Ontwaak!—1994
  • Beïnvloed die sterre jou lewe?
    Ontwaak!—2012
  • Die “heerlikheid” van sterre
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 4/22 bl. 12

Waarom sterre nie gesien kan word nie

WIE het nie al na die naghemel gestaar en die glinsterende prag van tallose sterre bewonder wat tot ver in die ruimte strek nie? Maar hierdie ontsagwekkende gesig is stadig besig om voor ons oë te verdwyn. Waarom? Ligbesoedeling.

Ligbesoedeling is die oorweldigende, verblindende gloed wat deur kunsmatige beligting van strate, huise, sakekomplekse, openbare geboue en sportvelde voortgebring word. Tot die helfte van hierdie lig straal opwaarts na die hemelruim en belemmer ons uitsig op die meeste van die sterre. Hoe ernstig is hierdie probleem? Op ’n helder, donker nag in Noord-Europa kan ’n mens byvoorbeeld nagenoeg 2000 sterre met die blote oog sien. Maar hierdie getal daal tot 200 vir diegene wat in die buitewyke van ’n dorp woon, en in die middel van ’n helder verligte stad sal ’n mens dalk net 20 sterre sien. Party sterrekundiges vrees dat geen sterre oor 25 jaar in Noord-Europa sigbaar sal wees nie, tensy voorsorgmaatreëls getref word.

’n Sekere mate van beligting is natuurlik noodsaaklik. Dit ontmoedig misdaad en laat kwesbare huisbewoners veiliger voel. Te veel indringende lig dra egter tot spanning by en ontwrig slaappatrone. Dit is nie net mense wat geraak word nie. Trekvoëls en insekte kan deur lig verwar word, en die daaglikse ritme van plante kan versteur word.

Maar wat kan gedoen word om die probleem op te los? ’n Nuttige maatreël is om te verseker dat buiteligte ’n behoorlike skerm het en afwaarts gedraai is. Veiligheidsligte kan eerder deur middel van ’n sensor geaktiveer word as dat dit permanent brand. ’n Franse buurt het hierdie probleem probeer oorkom deur hoogdruknatriumlampe buite te begin gebruik, wat sterker gekonsentreerde beligting voorsien, en deur skerms op bestaande laagdrukstraatligte te sit sodat dit lig afwaarts uitstraal. Paaie is weer bedek met swart teer wat lig absorbeer, en buiteligte van openbare geboue is ná 11:00 nm. afgeskakel. Dit het nie net vertikale ligbesoedeling feitlik uitgeskakel en weerkaatste lig met twee derdes verminder nie, maar doeltreffende gebruik van energie is met 30 persent verhoog.

Al hierdie oplossings kos natuurlik tyd en geld—wat deesdae skaars is. Dit is beslis goed om te weet dat God se Koninkryksregering in die hande van sy Seun, Christus Jesus, binnekort alle vorme van besoedeling gaan verwyder! Dan sal die onderdane daarvan weer ons Skepper se handewerk, die pragtige sterrehemel, duidelik kan sien.—Psalm 19:2, 3; Openbaring 11:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel