11 April 1998—’n Dag om te onthou
Die aand voor Jesus se dood het hy ’n ongesuurde brood en ’n beker wyn aan sy apostels gegee, dit omgestuur en hulle aangesê om te eet en te drink. Hy het ook aan hulle gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.”—Lukas 22:19.
Die herdenking van hierdie viering val vanjaar op Saterdag, 11 April, ná sononder. Jehovah se Getuies regoor die wêreld sal op hierdie spesiale aand bymekaarkom om dié Gedenkmaal te vier op die manier wat Jesus beveel het. Ons nooi jou hartlik uit om dit as ’n waarnemer saam met ons by te woon. Jy kan gerus by Jehovah se Getuies in jou omgewing uitvind presies waar en wanneer die vergadering gehou sal word.