Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 3/8 bl. 32
  • Hulp vir ’n verbrokkelende huwelik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp vir ’n verbrokkelende huwelik
  • Ontwaak!—1998
Ontwaak!—1998
g98 3/8 bl. 32

Hulp vir ’n verbrokkelende huwelik

’n Vrou van die Noord-eiland van Nieu-Seeland het oor die boek Die geheim van gesinsgeluk geskryf: “Toe ek die eerste keer gaan sit het om die publikasie te bestudeer, het ek gevoel dat my huwelik op die stadium is waar ek dit kon red of kon laat verbrokkel.”

Sy het haar agtergrond geskets. “My ma is albei kere wat sy getroud was erg mishandel. Ons is gevolglik altyd geleer dat mans niks werd is en dat hulle net daarop uit is om vroue te onderdruk. Ek het dus grootgeword as ’n baie hardkoppige, eiesinnige vrou wat nie in ’n argument toegegee het nie.”

Die vrou het tot die besef gekom dat sy veranderinge moes aanbring. “Ek het besef dat ek besig was om die kans op gesinsgeluk te verbeur omdat ek nie aan my man onderdanig is nie en omdat ek te trots is.” Sy het gevolglik noodsaaklike aanpassings gemaak, soos sy verduidelik: “Ek en my man bestudeer die boek nou as ’n gesin, en ek leer nog steeds hoe om ’n Christenvrou te wees. Ons is baie tevrede met ons vordering, maar ons het nog ver om te gaan.

“Ons huis was nog nooit so liefdevol en vreedsaam soos dit vandag is nie.”

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar kan ontvang van die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons?, waarvan les 8 “Gesinslewe wat God behaag” behandel, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5. Meld asseblief as jy ook wil hê dat iemand ’n gratis tuisbybelstudie met jou moet kom hou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel