Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 2/8 bl. 32
  • ’n Russiese meisie se hoop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Russiese meisie se hoop
  • Ontwaak!—1998
Ontwaak!—1998
g98 2/8 bl. 32

’n Russiese meisie se hoop

IN Ukhta, Rusland, ’n stad met meer as 100 000 inwoners en wat meer as 1200 kilometer noordoos van Moskou geleë is, het ’n 15-jarige meisie haar innige begeerte na beter toestande op aarde uitgespreek. Sy het dit verduidelik in die volgende brief aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rusland:

“My vriendin het my vertel dat die boek Die grootste mens wat nog geleef het die lewe van Jesus Christus beskryf. Ek stel baie belang in julle boeke, tydskrifte en brosjures. Laat ek verduidelik hoe hierdie belangstelling ontwikkel het. Dit het by die telegraafkantoor gebeur toe ek die radio- en telefoonrekening gaan betaal het. Daar het ek ’n traktaat op die vloer gekry. Ek het dit opgetel, die stof afgeskud en die traktaat met die titel Waarom is die lewe so vol probleme? begin lees.

“Ek het van die probleme en lyding gelees wat mense ondervind, en die voorblad van die traktaat het die belofte van ’n nuwe lewe in die Paradys geïllustreer. Ek hoop dat dit eendag sal kom. Ek wil regtig hê dat alle mense gelukkig, tevrede en gesond moet wees en ek wil ook afgestorwe dierbares sien. . . . Ek wil graag weet wat ek moet doen om die hoop te hê om in die Paradys op aarde te lewe. Ek smeek julle om inligting of boeke aan my te stuur. Ek sal daarvoor betaal, asook die posgeld.”

Jy kan ook lektuur ontvang wat jou kan help om die vaste Bybelse hoop op lewe in ’n paradys op aarde te verkry. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe om ’n eksemplaar van die brosjure Wat vereis God van ons? te bekom of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis Bybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel