Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 1/8 bl. 31
  • Dra veiligheidshalwe ’n sitplekgordel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dra veiligheidshalwe ’n sitplekgordel
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om motorongelukke te voorkom
    Ontwaak!—2011
  • Is jou kind veilig?
    Ontwaak!—2001
  • Die gordel wat lewens red
    Ontwaak!—1995
  • Moet ek ophou bestuur?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 1/8 bl. 31

Dra veiligheidshalwe ’n sitplekgordel

◼ In die Verenigde State is motorongelukke die hoofoorsaak van sterftes onder jongmense van 5 tot 24 jaar.

◼ In Japan is padongelukke verantwoordelik vir meer as dubbel soveel sterftes as borskanker en vir vier keer meer sterftes as prostaatkanker.

◼ In Europa sterf vier keer meer mense in motorongelukke as in moorde.

HIERDIE ontstellende syfers beklemtoon een van die wesenlike gevare van motorbestuur—spoed kan doodmaak. En spoed tesame met alkohol lei tot moord. Gelukkig kan die gevaar van ’n ongeluk en besering verminder word. Hoe is dit moontlik?

Dit sal ’n goeie begin wees om veilige bestuursgewoontes aan te kweek. Party veiligheidsdeskundiges beweer dat 9 uit 10 ongelukke verhoed of vermy kon word. Om die vasgestelde spoedgrens te oorskry, deur die verkeer te vleg, kort agter iemand te ry, onder die invloed van dwelms of alkohol te bestuur en ’n motor wat swak onderhou is te bestuur, is maar ’n paar voorbeelde van onveilige bestuursgewoontes. Respek vir lewe en liefde vir ons medemens moet ons beweeg om ’n veilige en verantwoordelike gesindheid aan te kweek wat die gebruik van ’n motor betref.—Matteus 7:12.

Sitplekgordels is nog ’n eenvoudige veiligheidsmaatreël, maar iets wat dikwels geïgnoreer word. Volgens Tim Hurd, ’n woordvoerder vir die Amerikaanse Departement van Vervoer, “is die veiligheidsgordel die doeltreffendste manier om jou lewe tydens ’n ongeluk te red. Dit verdubbel die moontlikheid van oorlewing.” Vir die jonger passasiers is die oorlewingsyfer byna drie keer groter as hulle die veiligheidsitplekke vir kinders gebruik.a

Ten spyte hiervan toon opnames dat bykans ’n derde van die insittendes in passasiersmotors in die Verenigde State nie sitplekgordels gebruik nie. Sorg jy as ’n ouer dat jou kinders veilig in hulle sitplek vasgegordel is voordat jy ry? Die tyd wat jy gebruik om die sitplekgordel aan te sit, is beslis die moeite werd.

[Voetnoot]

a Die Nasionale Administrasie vir Hoofwegverkeersveiligheid sê: “Kinders in kindersitplekke wat agtertoe kyk, moenie in die voorste sitplek van motors gesit word wat met lugsakke aan die passasierskant toegerus is nie. Die impak van ’n lugsak wat uitskiet en so ’n soort kindersitplek tref, kan daartoe lei dat die kind beseer word.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel