Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 10/8 bl. 32
  • Wat Bybeltraktate kan vermag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat Bybeltraktate kan vermag
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 10/8 bl. 32

Wat Bybeltraktate kan vermag

In die stad Golitsino, naby Moskou, Rusland, het een van Jehovah se Getuies die traktaat Put genot uit jou gesinslewe vir ’n vrou gegee wat ’n kinderwaentjie gestoot het. Die Getuie het aangestap, maar nie lank daarna nie het hy die vrou hoor roep om sy aandag te trek. Sy het gehardloop om hom in te haal, terwyl sy nog haar kinderwaentjie gestoot het.

Die vrou het gesê dat sy daarin belangstel om meer te leer, en die Getuie het haar nog twee traktate met Bybelonderwerpe gegee. Hy het ook sy telefoonnommer vir haar gegee sodat sy hom later kon skakel. Sy het daardie selfde aand nog gebel, en reëlings is toe getref vir ’n weeklikse tuisbybelstudie. In net sewe maande het sy én haar suster hulle aan God toegewy om hom te dien en is hulle gedoop.

As jy graag die Bybeltraktate Put genot uit jou gesinslewe, Vertroosting vir dié wat aan depressie ly, Wie heers werklik oor die wêreld? en Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld wil lees, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die adres naaste aan jou op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel