Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 9/22 bl. 32
  • Dit laat hoop opvlam

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit laat hoop opvlam
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 9/22 bl. 32

Dit laat hoop opvlam

Dit was die sentiment van ’n man wat ’n eksemplaar ontvang het van ’n traktaat met vier bladsye wat Koninkryksnuus genoem word. Die opskrif daarvan was “Waarom is die lewe so vol probleme?” Die man se brief hieroor is in die koerant El Tiempo, van Bogotá, Colombia, gepubliseer. Hy het geskryf:

“In hierdie tye waarin alles blykbaar deur dade van geweld en korrupsie gedoen word en ons voel dat ons ons hoop verloor, is dit noodsaaklik dat ons ’n bietjie geestelikheid soek wat kan help om ons geloof lewendig te hou. Hier is die hoofinhoud van die traktaat wat aan my gegee is:

“‘Die Bybel toon dat God deur middel van sy hemelse regering in die hande van Jesus Christus in menseaangeleenthede sal ingryp. Hierdie regering sal alle verdorwe regerings op die aarde verbrysel. Sal sommige die einde van hierdie wêreld oorleef? Waar sal hierdie oorlewendes vir ewig woon? Die regverdiges sal die aarde besit. In God se nuwe wêreld sal die dood nie meer daar wees nie. Daar sal geen misdaad, armoede, honger, siekte, geskreeu of dood meer wees nie. Die dooies sal weer lewendig word, en die aarde sal in ’n letterlike paradys omskep word.’”

Jehovah se Getuies help graag mense wat die begeerte het om meer omtrent die Bybel te leer. As jy graag meer inligting wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die adres naaste aan jou op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel