Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 7/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Sekelselanemie—Kennis is die beste verdediging
    Ontwaak!—1996
  • Bloedarmoede – Oorsake, simptome en behandelings
    Nog onderwerpe
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 7/8 bl. 30

Van ons lesers

Aanspreeklikheid Dankie vir die uitstekende reeks “Is ons aanspreeklik vir ons dade?” (22 September 1996). Ek het gevind dat hierdie artikels verbasend effektief is om goeie besprekings aan te knoop met regsgeleerdes, versekeringsagente, sakebestuurders, uitgewers, plaaslike regeringsamptenare en ander mense met wie ek in ons stad se sakegebied gepraat het. Ek het die artikel “Dis nie my skuld nie” vir ’n amptenaar by die stad se verkeersdepartement gewys. Sy het die tydskrif uit my hand gegryp en gesê dat “min mense nog hulle eie foute erken”. Sy het gesê sy wil hê dat al haar werkmaats dit moet lees.

B. S., Verenigde State

Pret Dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek pret hê?” (22 September 1996). Ek is 15 jaar oud, en daar is baie jongmense in ons gemeente. Ons doen dikwels dinge saam. Ons neem byvoorbeeld in die oggend deel aan die predikingswerk en gaan swem dan in die middag. Dit is groot pret! Soms kom ander in die gemeente saam. En dit is gerusstellend vir ons ouers om te weet dat ons die regte soort assosiasie het.

I. W., Duitsland

Sekelselanemie Ek het die artikel “Sekelselanemie—Kennis is die beste verdediging” (8 Oktober 1996) oor en oor gelees. Dit beskryf my situasie! Ek lewe nou al 18 jaar met hierdie siekte. My oë het vol trane geskiet toe ek dit lees. Ek was so bly om te sien dat julle aan diegene dink wat aan hierdie siekte ly.

R. S., Italië

Ek het sekelselanemie. Ek het nie geweet dat soveel ander dit ook het nie. Die artikel het my gehelp om te verstaan waarom ek pyn verduur en hoe belangrik dit is dat ek baie vloeistowwe drink. My ma het eksemplare van die artikel aan my onderwysers gegee sodat hulle my siekte sal verstaan.

A. H., Verenigde State

My jonger boetie is dood aan sekelselanemie. In Nigerië sterf 60 000 mense jaarliks daaraan. Die artikel het dus ’n werklike probleem bespreek. Elke Nigeriese gesin moet hierdie artikel lees. Dit was insiggewend en is uit ’n vars perspektief bespreek.

F. A., Nigerië

Ek kan nie anders as om julle te vertel hoe ek oor die artikel oor sekelselanemie voel nie. Ek verduur die siekte nou al 26 jaar sonder hierdie inligting. Baie dankie hiervoor.

D. C., Zambië

Liefde wat saambind Ek wil vir julle dankie sê, my dierbare broers, dat julle die artikel “Die Bybelse beskouing: Die liefde wat mense saambind” (8 Oktober 1996) gedruk het. Ek het oor die jare heen voor baie toetse van my geloof te staan gekom, onder andere die skielike dood van my ouers. Maar die moeilikste toets tot nog toe het van iemand binne die gemeente gekom. Hierdie artikel het my krag en vertroosting gebied, aangesien ek besef dat Jehovah van my trane, hartseer en pyn bewus is en dit verstaan. Ek het geleer dat selfs die apostel Paulus soortgelyke lyding ervaar het. Ek vertrou dat Jehovah mettertyd my wonde sal genees.

S. B., Kanada

In hierdie goddelose stelsel kan ’n mens se aandag maklik van geestelike dinge afgelei word. Die artikel het my baie bemoedig en gemotiveer. Die alledaagse sorge van die lewe het die afgelope ruk baie druk op my uitgeoefen. Hierdie artikel het my gehelp om te besef hoe belangrik dit is om op Jesus se liefde te vertrou, pleks van op ons onvolmaakte emosies.

A. M., Verenigde State

Ek ly aan depressie wat deur ’n chemiese wanbalans veroorsaak word. Die artikel het my gehelp om my depressie beter te hanteer.

B. U., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel