Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 3/22 bl. 31
  • ’n Bedrewe tuinier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Bedrewe tuinier
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Die hitteskerm van die silwermier
    Ontwaak!—2017
  • Die mier se nek
    Ontwaak!—2016
  • “Gaan na die mier”
    Ontwaak!—1990
  • Jehovah se wysheid word in die skepping gesien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 3/22 bl. 31

’n Bedrewe tuinier

DIE Suid-Amerikaanse blaarsnyermier verstom bioloë met sy gevorderde tuinmaakmetodes. Hierdie insekkie voorsien voedsel deur stukkies blare te sny en afval van die woudbodem te versamel en dit na sy ondergrondse nes terug te bring. Die mier maal dan hierdie stukkies tot ’n fyn mengsel om sy swamtuin te kweek. Hierdie blaarsnyer weet instinktief hoe om die ideale temperatuur en voggehalte vir sy oes te handhaaf sodat die beste resultate verkry kan word. Hy sal reeds ontwikkelde plante afsny en op nuwe blaarbeddings oorplant om nuwe tuine te skep. Die blaarsnyermier het selfs die snoeikuns bemeester om die groei van swamme tot die maksimum te verhoog. Walliese navorsers het gesien dat hierdie knap tuinboukundige sy kragte gebruik na gelang van die behoefte aan voedsel in die nes en sodoende tyd en energie bespaar.

Tuinmaak vereis harde werk en die blaarsnyermier verstom ’n mens in hierdie opsig. Dit is geen wonder dat die Bybel sê nie: “Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd” (Spreuke 6:6-8). Die blaarsnyermier se instink getuig inderdaad van sy Skepper, Jehovah God, se wysheid.—Spreuke 30:24, 25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel