“Sewe flaters van die wêreld”
DAAR word gesê dat Mohandas Gandhi ’n lys opgestel het wat hy die “Sewe flaters van die wêreld” genoem het. Dit is soos volg:
• Rykdom sonder werk
• Plesier sonder gewete
• Kennis sonder karakter
• Koophandel sonder sedelikheid
• Wetenskap sonder menslikheid
• Aanbidding sonder opoffering
• Politiek sonder beginsels
Sy kleinseun Arun Gandhi het na bewering ’n agtste bygevoeg:
• Regte sonder verantwoordelikhede
Miskien kan jy nog ’n paar voorstel, maar hierdie lys laat ’n mens gewis dink. Die Bybel se oplossing vir hierdie “flaters” word in twee gebooie saamgevat: “‘Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die grootste en eerste gebod. Die tweede, soortgelyk hieraan, is dit: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Aan hierdie twee gebooie hang die hele Wet en die Profete.”—Matteus 22:37-40.
[Foto-erkenning op bladsy 20]
UPI/Corbis-Bettmann