Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 8/8 bl. 32
  • Bybellektuur word in Hongarye waardeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bybellektuur word in Hongarye waardeer
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 8/8 bl. 32

Bybellektuur word in Hongarye waardeer

’n Onderwyseres in Balmazújváros het aan die Wagtoring se takkantoor in Hongarye geskryf: “Ek het ’n boek gesien waarin ek belangstel. Indien moontlik, stuur asseblief vir my ’n eksemplaar. Die titel is My boek met Bybelverhale.” Nadat ’n skoolhoof in Boedapest met hierdie boek vertroud geraak het, het sy gevra: “Ons wil graag 20 eksemplare van My boek met Bybelverhale vir Laerskool Nr. 6 bestel.”

’n Persoon van Balatonboglár wat die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk gelees het, het geskryf: “Die boek was gedagteprikkelend, en die Bybelse antwoorde wat daarin voorsien word, is juis. Die boek het my baie gehelp, en ek het antwoorde op my vrae gevind. Ek wil graag my geloof nog meer versterk. Indien moontlik, stuur dus asseblief vir my publikasies oor die Bybel.”

Jehovah se Getuies voorsien met graagte hulp aan diegene wat ’n begeerte na meer Bybelkennis het. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van enige van die bogenoemde boeke kan ontvang of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om die Bybel met jou te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel