Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 6/8 bl. 32
  • Die misbruik van alkohol word veroordeel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die misbruik van alkohol word veroordeel
  • Ontwaak!—1996
  • Onderhofies
  • Verbode in die Christengemeente
Ontwaak!—1996
g96 6/8 bl. 32

Die misbruik van alkohol word veroordeel

DIE gebruik van sterk drank wat tot dronkenskap lei, word sterk deur die Bybel afgekeur. Die wyse skrywer van Spreuke skilder ’n helder en wetenskaplik korrekte prentjie van die gevolge van die oormatige gebruik van alkoholiese drank. Hy waarsku:

“By wie is ‘Ag!’; by wie is ‘Wee my!’; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë? By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe. Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker [wanneer die wyn uitermate aanloklik, vonkelend, lyk], glad na binne gly nie [wanneer dit te maklik in die keel afglip]: op die end byt dit soos ’n slang en spuug gif uit soos ’n basilisk [dit kan ’n persoon siek maak, fisies (kan dit byvoorbeeld tot lewersirrose lei) en verstandelik (dronkmanswaansin veroorsaak), en dit kan selfs doodmaak]. Jou oë sal vreemde dinge sien [die alkohol het ’n uitwerking op die beheersentrums van die brein en onderdruk dit; gesindhede wat gewoonlik onderdruk word, kom na vore; hallusinasies kom te voorskyn; die persoon vul leemtes in sy geheue deur denkbeeldige ondervindinge op ’n baie geloofwaardige manier te vertel; die persoon openbaar onbeteuelde gedrag] en jou hart verkeerde dinge spreek [gedagtes en begeertes wat gewoonlik onderdruk word, sal uitgedruk word].”—Spreuke 23:29-33.

Die dronkaard se persoonlike ondervinding word beskryf wanneer die skrywer voortgaan: “En jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê [die verwardheid ervaar van iemand wat verdrink en uiteindelik bewusteloos raak] en soos een wat op die top van die mas lê [omdat die gewieg van die skip hier die ergste is, is die dronkaard se lewe in gevaar van ’n ongeluk, ’n beroerte, ’n geveg, ensovoorts]. Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie [sê die dronkaard asof hy met homself praat; hy was onbewus van wat werklik aangaan en van die pyn wat die ondervinding hom veroorsaak het]! Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek [hy moet nou die gevolge van oordadigheid afslaap, maar hy is verslaaf aan die drank en sien daarna uit om nog te drink wanneer hy kan].” Hy sal arm word omdat hy buitensporige bedrae aan drank spandeer en ook omdat hy onbetroubaar raak en homself ongeskik maak vir werk.—Spreuke 23:20, 21, 34-36.

Verbode in die Christengemeente

Die dronkaard is geneig tot uitbundige of ruwe, onbeteuelde luidrugtigheid en tot belaglike optrede wat hom tot skande strek (Spreuke 20:1; Psalm 107:27; Jesaja 19:14). Dronkenskap moet gevolglik nie in die Christengemeente geduld word nie. God se gesindheid teenoor dronkenskap is in sy Wet aan Israel geopenbaar. ’n Seun wat koppig en wederstrewig was, wat ’n vraat en ’n dronkaard was, moes gestenig word.—Deuteronomium 21:18-21.

Die Bybel beveel eweneens dat onberouvolle of gewoontedronkaards uit die Christengemeente gesit moet word (1 Korintiërs 5:11-13). “Die werke van die vlees” sluit in “dronkenskap, swelgerye”, dinge wat die nasies oor die algemeen beoefen. ’n Christen, wat hom van sulke gebruike gereinig het, maar wat daarna teruggekeer het en onberouvol is, sal nie in God se Koninkryk ingaan nie.—Galasiërs 5:19-24; 1 Korintiërs 6:9-11.

Soos die Wet toon, is dit nie gepas dat ’n persoon hom aan alkoholiese drank oorgee net voordat hy aan godsdienstige dienste deelneem nie. Die priesters van Israel is beveel om geen wyn of sterk drank te drink terwyl hulle hulle amptelike pligte nakom nie, sodat hulle nie sou sterf nie.—Levitikus 10:8-11.

Christene sal verstandig handel deur die onderliggende beginsel van hierdie deel van die Mosaïese Wet in ag te neem.

As jy graag meer inligting wil hê of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis Bybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel