“Dankie dat julle my gehelp het om van Jehovah te leer!”
Dit was die opregte dankbetuiging van ’n 16-jarige meisie van Florida, VSA. Nadat sy publikasies gelees het wat deur Jehovah se Getuies gepubliseer is, het sy geskryf:
“Ek kan nie die naam onthou nie, maar ek het ’n boek oor Jesus se lewe gelees wat glo deur julle gepubliseer is. Voordat ek daardie boek gelees het, het ek gedink dat ek alles weet wat nodig is. Ek glo in God en Jesus, ek bid voor aandete en weer saans en ek lei ’n redelik goeie lewe. Maar nadat ek daardie boek gelees het, het ek besef dat ek eintlik nie veel weet nie en dat ek moet voortgaan om te lees en te leer van Jehovah God en Jesus en ander in die Bybel.
“Ek is stadigaan besig om sommige van my weë te verander sodat ek ’n beter dienaar van God kan wees. Sonder die Wagtoringgenootskap sou ek steeds nie veel van God en die verhale in die Bybel geweet het nie. Dankie dat julle my gehelp het om van Jehovah te leer!”
Die grootste mens wat nog geleef het is die titel van die boek waarna die meisie verwys het. Daarin is ’n poging aangewend om elke voorval in Jesus se aardse lewe wat deur die vier Evangelieverslae weergegee word uit te beeld. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar kan ontvang of as jy ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.