Hulle het die eerste prys ontvang
Twee jong leerlinge van Madras, Indië, het die eerste prys gedeel vir hulle model van ’n ruimtestasie met ’n ruimtetuig en die lanseerplatform. Waar het hierdie jong seun en meisie, wat in hierdie foto gesien kan word, die idee vir hulle projek gekry?
Die jongmense het in ’n brief aan die uitgewers van Ontwaak! verduidelik: “Ons maak van hierdie geleentheid gebruik om julle spesiaal te bedank, aangesien ons die pryse slegs gekry het danksy die reeks oor ruimteverkenning wat in die Ontwaak! van 8 September 1992 verskyn het.”
Ontwaak! word uitgegee vir die voorligting van die hele gesin. Dit vertel van gebruike en mense in baie lande, die wonders van die skepping, praktiese wetenskappe en die menslike sy van die lewe. Deur die Ontwaak! gereeld in jou huis beskikbaar te stel, kan jy jou kinders help om hulle algemene kennis te verbreed, wat hulle op skool en later in hulle lewe sal help.
As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy nog ’n eksemplaar van die Ontwaak! kan ontvang of wil hê dat iemand jou by jou huis moet besoek om die waarde van Bybelonderrig te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.