Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 10/22 bl. 32
  • Dit het haar beter laat voel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het haar beter laat voel
  • Ontwaak!—1995
Ontwaak!—1995
g95 10/22 bl. 32

Dit het haar beter laat voel

TARA PATEL skryf ’n rubriek met die titel “Net ek alleen” in The Daily, ’n koerant wat in Bombaai, Indië, uitgegee word. In Januarie het sy geskryf oor die artikel “Is jou lewe vervelig? Jy kan dit verander!” wat in die Ontwaak! van 22 Januarie 1995 verskyn het. “Ek het ’n intekening daarop”, het sy van die Ontwaak! gesê, “al is ek geneig om dit as een van die oordrewe vroom tydskrifte van die wêreld af te maak.”

Sy het egter bygevoeg: “Hoe meer ek van die artikel gelees het, hoe meer het ek vir myself begin mompel, natuurlik is my lewe vervelig, vreeslik vervelig. Moenie eers vra hoe vervelig nie! Wat is dus die oplossing?” Sy het toe voortgegaan deur groot dele uit die Ontwaak! aan te haal en het afgesluit: “Hou aan leer. Stel persoonlike doelwitte. Wees kreatief. Doen iets met jou hande. Kry ’n doel in die lewe. Neem God in aanmerking.

“Dit alles. Oordrewe vroom of nie, dis eintlik goeie raad as jy daaroor nadink. Hierdie Ontwaak! laat my op die een of ander manier beter voel. Teken gerus daarop in.” Toe het Tara Patel die adres in Indië verskaf waar verdere inligting verkry kan word.

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van die Ontwaak! en sy medetydskrif, Die Wagtoring, kan ontvang, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel