Hulp aan jongmense wat onder druk verkeer
Toe ’n meisie in ’n skool in New Jersey, VSA, haar ontstel en uit die klaskamer gehardloop het, het ’n klasmaat haar na die kleedkamer gevolg. “Toe ek by haar kom”, het die klasmaat gesê, “het sy gehuil en my van party van haar gesinsprobleme vertel. Haar ouers was besig om te skei, en sy het gesê dat sy dit moeilik begin vind het om op haar skoolwerk te konsentreer. Sy het vir my gesê dat sy van die huis af wou wegloop.”
Die klasmaat het vir die ontstelde meisie gesê dat sy graag vir haar die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk wil bring. Die volgende dag het sy dit vir haar gebring en vir haar vriendin hoofstukke gemerk soos “Waarom moet ek ‘my vader en my moeder eer’?”, “Waarom is Pa en Ma uitmekaar?”, “Hoe kan ek portuurdwang die hoof bied?” en “Moet ek die huis verlaat?”
“Toe ek die boek vir haar gegee het”, het die klasmaat gesê, “het twee ander meisies dit gesien en was hulle nuuskierig. Hulle het gevra of hulle ook een kan kry. Ek het dus vir hulle elkeen ’n boek gegee. Ander kinders in my klas het een van die meisies deur die boek sien blaai en hulle almal wou dit sien. Op die ou end is die boek met die toestemming van die onderwyser in die klas rondgestuur.”
As jy graag meer inligting wil hê oor hoe om ’n eksemplaar van Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk te bekom of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.