Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 4/22 bl. 9-11
  • Die beste tye is op hande!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die beste tye is op hande!
  • Ontwaak!—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SEËNINGE ONDER GOD SE KONINKRYK
  • WAT JY MOET DOEN
  • Die Paradysaarde
    Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat hou die toekoms in?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die ewige lewe op ’n Paradysaarde
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 4/22 bl. 9-11

Die beste tye is op hande!

VOLGENS die Bybel was dit God se voorneme dat die mensdom vir ewig in ’n aardwye paradys lewe (Genesis 1:28; 2:8, 9). Dit is duidelik dat ons ver van God se oorspronklike voorneme afgewyk het. Wat het gebeur?

Die eerste mensepaar was ongehoorsaam aan God, en dit het onvolmaaktheid en die dood oor hulle en al hulle nakomelinge gebring (Genesis 2:16, 17; 3:6, 7, 17-19; Romeine 6:23). Die Bybel verduidelik: “Sonde het deur een mens in die wêreld ingekom, en sy sonde het daarmee saam die dood gebring. Gevolglik het die dood tot die hele mensdom deurgedring, omdat almal gesondig het.”—Romeine 5:12, Today’s English Version.

Ondanks hierdie situasie bly God se voorneme onveranderd. “My woord is soos die sneeu en die reën wat uit die hemel kom om die aarde nat te maak. Dit laat die gesaaides groei en voorsien saad om te plant en voedsel om te eet. So ook sal die woord wees wat ek spreek . . . Dit sal alles doen wat ek dit stuur om te doen” (Jesaja 55:10, 11, TEV). Wat belowe God om vir ons te doen?

SEËNINGE ONDER GOD SE KONINKRYK

Ewige lewe

“Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.”—Psalm 37:29.

“Die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en geskreeu en pyn sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:4.

Veiligheid

“Nog ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.”—Psalm 37:10.

Bevredigende werk

“Mense sal huise bou en daarin kan woon—dit sal nie deur iemand anders gebruik word nie. Hulle sal wingerde plant en die wyn geniet—dit sal nie deur ander gedrink word nie. Soos bome sal my volk lang lewens geniet. Hulle sal die dinge waarvoor hulle gewerk het ten volle geniet.”—Jesaja 65:21, 22, TEV.

Gesondheid

“Geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.”—Jesaja 33:24.

Geen liggaams-gebreke nie

“Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel.”—Jesaja 35:5, 6.

’n Oorvloed voedsel

“Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge.”—Psalm 72:16.

Vrede

“Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring, wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde.”—Psalm 46:9, 10.

WAT JY MOET DOEN

Wat moet jy doen om hierdie seëninge te geniet wat God belowe het? Die Bybel antwoord in Johannes 17:3: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.” Ja, as ons van God leer—van sy naam, sy voorneme en sy wette—gee dit rigting aan ons lewe. Daarbenewens, as ons van Jesus leer—van sy lewe op aarde, sy losprysofferande vir ons sonde, sy posisie as Heerser van God se Koninkryk—kan ons vertrou dat God se voorneme vervul gaan word.

God se toelating van goddeloosheid het buite alle twyfel getoon dat die mens, soos ’n reisiger in ’n onbekende gebied, nie sy eie voetstappe kan rig nie (Jeremia 10:23). Die mens het inderdaad deur ’n magdom regerings—van diktatorskappe tot demokrasieë—elke denkbare roete probeer. Tog was die mens se sukses op sy beste maar beperk.

Hoe dankbaar kan ons wees dat God se Koninkryk die gebed sal beantwoord wat deur miljoene geuiter word: “Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” (Matteus 6:10). Die seëninge van God se Koninkryk sal op aarde geniet word wanneer dit binnekort alle menseregerings vervang. Die Bybel belowe: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan.”—Daniël 2:44.

Wat ’n wonderlike tyd sal dit tog wees! Kennis van die Bybel kan ons voorwaar met hoop besiel. Ja, hierdie is moeilike tye—en dit word erger. Maar dit bewys net dat ons in die laaste dae van hierdie goddelose stelsel van dinge lewe. Binnekort sal hierdie slegste tye vervang word met die beste tye onder God se Koninkryk!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel