Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 4/22 bl. 3
  • Waarheen is ons op pad?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarheen is ons op pad?
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarheen is hierdie wêreld op pad?
    Ontwaak!—2006
  • Nuttige onderrigting vir ons kritieke tye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Dit is nóú die laaste dae!
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Wat is die teken van “die laaste dae”, of “die eindtyd”?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 4/22 bl. 3

Waarheen is ons op pad?

STEL jou voor jy reis deur ’n gebied wat jy nog nooit tevore gesien het nie. Teen dié tyd moes jy al jou bestemming bereik het, maar die straatborde, dorpsname en landmerke is nie dié wat jy verwag het nie. ‘Waar is ek?’ wonder jy. ‘Is ek op die regte pad?’

Vandag se wêreld is in ’n soortgelyke penarie. Die mens is in onbekende gebied terwyl hy toekyk hoe die samelewing op ’n ongeëwenaarde skaal agteruitgaan. Met al die vooruitgang in die wetenskap en tegnologie sou ’n mens dink dat ons nou al in ’n beter wêreld moes wees. In Great Ages of Man sê die redakteur Russell Bourne dat “die ou ideaal van ’n wêreldwye broederskap” eers in die 20ste eeu “’n praktiese moontlikheid geword het”.

Tog het die mensdom nie daardie bestemming, “’n wêreldwye broederskap”, bereik nie. Die beloofde landmerke van ekonomiese sekuriteit, genoegsame voedsel, verbeterde gesondheid en gelukkige gesinslewe is nêrens te vinde nie. “In baie opsigte”, sê die boek Milestones of History, “hou wetenskaplike vooruitgang direk met vernietiging en wreedheid verband.”

Ja, die mensdom is vandag verlore in onbekende gebied, ver van koers af, ver van die vrede en veiligheid wat ten tyde van die jongste eeuwisseling in die vooruitsig gestel is. Gevolglik vra baie vandag aanwysings: “Hoe het ons in hierdie toestand beland? Waarheen is die wêreld op pad? Lewe ons in die laaste dae?”

Om uit te vind waar ons is, moet ons eers vasstel waar ons ons nou bevind. Party sê ons is op die drumpel van ’n nuwe wêreldorde; ander sê ons is op die randjie van vernietiging. Die Bybel is soos ’n padkaart en help ons om te sien presies waar ons is en waarheen ons op pad is.

Wanneer jy op reis is, is dit belangrik om op die uitkyk te wees na tekens wat jou ligging sal aandui. Die Bybel beskryf eweneens verskynsels—wêreldtoestande en gesindhede—wat kenmerkend sou wees van ’n tydperk in die geskiedenis wat “die laaste dae” genoem sou word (2 Timoteus 3:1-5). Hierdie uitdrukking, “laaste dae”, verwys nie na die einde van die letterlike hemele en aarde nie. Dit dui eerder op “die voleinding van die stelsel van dinge”, of “die einde van die era”, soos een Bybelvertaling dit stel.—Matteus 24:3; Today’s English Version.

‘In die laaste dae’, het die Christenapostel Paulus geskryf, ‘sal daar kritieke tye wees wat moeilik is om deur te kom’ (2 Timoteus 3:1). Dit lyk weliswaar asof dit op ander tydperke in die geskiedenis van toepassing kan wees. Elke era het inderdaad sy eie probleme gehad.

Watter rede is daar dan om te glo dat hierdie woorde spesifiek na ons dag verwys?

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Tom Haley/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel