’n Datum wat jy nie moet vergeet nie
Die aand voor sy dood het Jesus ongesuurde brood en ’n beker wyn aan sy apostels gegee en gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.” —Lukas 22:19.
Vanjaar val die viering op Vrydag 14 April ná sononder. As gevolg van Jesus se opdrag sal miljoene Getuies van Jehovah en belangstellendes in alle wêrelddele op hierdie spesiale aand byeenkom om hierdie Gedenkmaal te vier soos Jesus voorgeskryf het. Jy word hartlik uitgenooi om saam met ons te vergader. Vind asseblief by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies hoe laat en waar die vergadering gehou gaan word.