Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 2/22 bl. 31
  • Waarom Italië se biskoppe bekommerd is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom Italië se biskoppe bekommerd is
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Alle ware Christene is evangeliedienaars
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Sal die Kerk se dade met die pous se woorde strook?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Sal hulle van huis tot huis preek?
    Ontwaak!—1995
  • Waarom verloor die kerk sy invloed?
    Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1995
g95 2/22 bl. 31

Waarom Italië se biskoppe bekommerd is

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN ITALIË

IN November 1993 het die konferensie van Italiaanse biskoppe ’n aantal aanmerkings oor Jehovah se Getuies gemaak. Daar is beweer dat hulle nie Christene is nie en dat hulle predikingswerk van huis tot huis “barbaarse proselitisme” is.

Maar nie alle godsdienstige gesaghebbendes stem hiermee saam nie. Attilio Agnoletto, ’n professor in Christengeskiedenis aan die Milaan-staatsuniversiteit, beskryf Jehovah se Getuies byvoorbeeld as “’n sterk, ernstige, Bybelse en heeltemal wettige beweging waarin daar niks onchristeliks is nie”.

En wat van hulle “barbaarse proselitisme”? “Die term ‘barbaars’ is heeltemal onaanvaarbaar”, het professor Agnoletto aan Ontwaak! gesê. “Dit sal beteken dat die proselitisme van Jesus Christus ook ‘barbaars’ was.”

Waarom is die biskoppe so bevooroordeeld teen Jehovah se Getuies? Professor Agnoletto meen dat hulle teenkanting “voortspruit uit die blote getalle en die sukses wat Jehovah se Getuies vandag in Italië ondervind”, wat hy byvoeg, “met ’n krisis in Katolieke godsdienstigheid saamval”.

Geestelikes probeer vandag om diegene wat gehoorsaam is aan Jesus se bevel om te preek in onguns te bring en hulle werk te verhinder. (Mattheüs 28:19; vergelyk Mattheüs 5:11, 12.) Die koerant La Stampa berig dat Jehovah se Getuies ten spyte van die teenkanting die tweede grootste denominasie in Italië is, nou oor die 200 000 en hulle neem steeds toe.

In teenstelling daarmee het die Katolieke Kerk se bywoning in die laaste jare afgeneem. Gevolglik het pous Johannes-Paulus II aan die begin van 1994 die Italiaanse Katolieke aangemoedig om bedrywige evangeliste te word en selfs van huis tot huis te preek—baie soos Jehovah se Getuies dit doen!a

[Voetnoot]

a Sien bladsy 15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel