Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 1/22 bl. 32
  • Hulle hou haar ingelig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle hou haar ingelig
  • Ontwaak!—1995
Ontwaak!—1995
g95 1/22 bl. 32

Hulle hou haar ingelig

’n Leser in Ohio, VSA, het geskryf: “Ek wil julle net laat weet hoeveel ek Die Wagtoring en die Ontwaak! waardeer. Hulle is waarlik juwele.” Sy het verduidelik hoe sy ingelig bly deur hulle te lees.

“Ek het 13 jaar gelede my hoërskoolloopbaan laat vaar”, het sy geskryf. “Ek is onlangs deur die staat verplig om ’n hoërskoolekwivalensietoets af te lê wat beter bekend staan as die AOO-toets (Algemene Opvoedkundige Ontwikkelingstoets). Ek moes klasse bywoon om vir hierdie toets voor te berei. As iemand goed doen in hierdie klasse kan hy gewoonlik binne net ses maande die AOO-toets aflê. Ek was egter binne vier weke gereed om dit af te lê, en ek het ’n baie hoë punt behaal.

“Die rede? Byna alles in die toets—wetenskap, sosiale studie, ensovoorts—is op die een of ander wyse in vroeëre nommers van Die Wagtoring en die Ontwaak! bespreek. Deur slegs die tydskrifte te lees, het ek my vaardigheid in lees, spelling en punktuasie behou. Trouens, ek het nie eers enige van hierdie vakke gestudeer nie. Die klasse wat ek bygewoon het, het my net gehelp om my wiskunde op te knap.”

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar van Die Wagtoring en die Ontwaak! kan ontvang of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel