Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 11/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 11/22 bl. 30

Van ons lesers

Bedrog in die wetenskap? Julle onlangse artikel “Wetenskaplikes lei publiek om die bos” (8 Januarie 1994) het onder my aandag gekom. Dit wil voorkom of die betrokke wetenskaplikes net ’n fout gemaak het wat hulle later reggestel het. Dit is hoe die wetenskap veronderstel is om te werk, maar die titel van julle artikel impliseer dat daar een of ander misdryf was. Hierdie boonste deel van ’n skedel wás miskien toe ’n esel s’n, maar dit het niks met die egtheid van ander vondse, soos die beroemde “Lucy”-geraamte, te doen nie. Ons weet dat hierdie wesens bestaan het.

M. P., Verenigde State

Ons het nie geïmpliseer dat die wetenskaplikes wat by hierdie ontdekking betrokke was opsetlik oneerlik was nie. Ons het selfs die einste dr. Moyà aangehaal en getoon hoe openhartig hy was. Die geval is gebruik om te illustreer hoe wetenskaplike waarheid al dikwels ter wille van persoonlike, politieke en nasionalistiese belange prysgegee is. Egte fossiele is weliswaar al gevind. Maar daar is geheel en al geen bewys dat hierdie wesens werklik voorouers van die mens was nie. “Lucy” het byvoorbeeld ’n brein gehad wat ’n derde die grootte van ’n mensebrein is. Dit was beslis niks meer as ’n uitgestorwe aapspesie nie.—RED.

Verslawing Baie dankie vir die artikels “Verslawing—Waarom gebeur dit?” (22 April 1994). Ek het die artikels twee keer van die begin tot die einde gelees. Ek ly aan ’n eetversteuring. Ek voel effens beter noudat ek in ’n kliniek behandel word, maar soms voer ek steeds ’n stryd. Die artikel het my in my voorneme versterk.

T. S., Duitsland

Ek was ’n dwelmslaaf en alkoholis. Die raad wat julle gee, is werklik gepas. Ek is ook aangespoor toe ek besef het dat verslaafdheid ’n geestelike hindernis is, aangesien ’n verslaafde nie heeltemal rein in ons Skepper se oë kan wees nie.

M. G., Frankryk

Ses en ’n half jaar gelede het my seun weens kokaïenverslawing gesterf. Nadat ek soveel pyn ervaar en dit oorleef het, was ek gereed om my eie voedselverslawing aan te pak. Omdat ek in ’n gesin grootgeword het waar alkohol misbruik is, het ek geleer om kos te gebruik om myself te troos en van die pyn te ontvlug. Ek het diëte tevergeefs probeer. Maar om nou meer van Jehovah se liefde te ervaar ná 20 jaar as ’n Christen het my baie gehelp. Baie, baie dankie vir die artikels.

S. E., Verenigde State

Hervormde misdadiger Ek wil julle baie graag bedank vir die artikel “My ontvlugting na die waarheid” (8 Februarie 1994). Ek is 24 jaar oud en sit in die dodesel in Washington se staatsgevangenis. Hierdie artikel is op my van toepassing, en as gevolg daarvan wil ek doen wat reg is in Jehovah se oë. Brian Garner het werklik my hart geraak.

J. B., Verenigde State

Ek is ’n gevangene in die Missouri-gevangenis en is diep geraak deur mnr. Garner se besluit om homself oor te gee nadat hy die waarheid geleer het. Dit toon watter uitwerking julle organisasie op mense met ’n oop gemoed en ’n goeie hart kan hê. Dit is maklik om te sien dat ware vryheid slegs gevind word deur geloof in God te beoefen.

W. B., Verenigde State

Ek het ’n jaar gelede nog geld gesteel van die maatskappye waarvoor ek gewerk het. Ek het honderdduisende jen gesteel, iets wat niemand sou kon droom ’n 20-jarige meisie sal doen nie! Ek het die Bybel saam met Jehovah se Getuies bestudeer en my gewete het my egter begin pla. Ek het die geld dus terugbesorg en aan diegene in beheer skuld erken. En hoewel kwaai woorde geuiter is, is geen verdere stappe gedoen nie. Ek is baie dankbaar oor hierdie artikel, want dit het my net weer help besef hoe uiters groot Jehovah se genade is.

S. M., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel