Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 10/22 bl. 32
  • Die Ontwaak! bied ware oplossings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Ontwaak! bied ware oplossings
  • Ontwaak!—1994
Ontwaak!—1994
g94 10/22 bl. 32

Die Ontwaak! bied ware oplossings

Dit is wat ’n leser in Vinton, Iowa, VSA, van die Ontwaak! geniet. Nadat sy haar brief met die aanhef “Geagte Redakteur” begin het, het sy gesê:

“Ek skryf om my waardering vir die tydige artikels in die Ontwaak! uit te spreek. Ek is beïndruk deur elke nommer wat ek ontvang en word voortdurend herinner aan die uitstaande gehalte van die artikels in hierdie tydskrif.

“Baie tydskrifte is uiters ontmoedigend om te lees of deur te blaai, bloot omdat daar vandag soveel slegte nuus in die wêreld is. Hoewel die Ontwaak! altyd onderwerpe bespreek wat tans vir ons almal interessant en van belang is, is sy benadering daarenteen uniek. Lesers kan altyd seker wees dat die Ontwaak! die hoop op ’n ware en blywende oplossing vir die wêreld se probleme bied deur vertroue in die Bybel se beloftes aan te moedig en die aandag op die Bybel as die gesag te vestig, en nie op die teenstrydige of persoonlike menings van mense nie.

“Deur die jare heen het ek dit werklik geniet om die Ontwaak! te lees. Die lonendste leesstof vir ons almal is dít wat ’n eerlike benadering tot die verbetering van die lewe gee terwyl dit ’n positiewe beskouing van die toekoms behou. Dankie dat julle julle lesers help om te sien wat belangrik is.”

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe ’n eksemplaar van die Ontwaak! na jou huis gepos kan word, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel