‘Een van die groot grappe van die geskiedenis’
“EK IS oortuig dat die evolusieteorie, veral die mate waarin dit toegepas is, een van die groot grappe in die geskiedenisboeke van die toekoms sal wees. Die nageslag sal verbaas staan dat so ’n gebrekkige en twyfelagtige hipotese met sulke ongelooflike goedgelowigheid aanvaar kon word.” Dit was die woorde van die Britse omroeper en skrywer Malcolm Muggeridge (1903-90) in lesings wat hy by die Universiteit van Waterloo, Ontario, Kanada, gehou het. Hy het bygevoeg: “Ek dink ek het al vantevore met julle gepraat oor hierdie geslag as een van die goedgelowigstes in die geskiedenis, en ek sal evolusie as ’n voorbeeld noem.”
Waarom aanvaar soveel wetenskaplikes dan evolusie? Hierdie vraag en baie ander word in besonderhede bespreek in die 254 bladsye van die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? As jy graag hierdie boek wil lees, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou gebied in aanraking kom of na die naaste adres op bladsy 5 skryf.
Die Christelike opvoedingswerk van Jehovah se Getuies word deur vrywillige bydraes ondersteun.