‘My onderwyseres wou nog 20 boeke hê’
DIE 17-jarige Daniel het by sy hoërskoolonderwyseres in Boston, Massachusetts, VSA, ’n taak gekry om inligting oor enige Asiatiese godsdiens voor te berei. Hy sê: “Ons onderwyseres het ons aangemoedig om navorsing by die biblioteek te doen. Ek het geweet dat die boek Die mensdom se soeke na God, wat deur die Wagtoringgenootskap uitgegee is, van ontsaglike hulp sou wees. Ek het dit skool toe geneem en vir die onderwyseres gewys. Sy was só beïndruk deur die boek se objektiwiteit, akkuraatheid en vraag-en-antwoord-styl dat sy 20 boeke vir die hele klas bestel het. Die boeke is nou die skool se eiendom en word vir elke opeenvolgende klas gebruik. ’n Bydrae van $50 [R170] is gegee om ons wêreldwye, opvoedkundige werk te bevorder.”
Die mensdom se soeke na God is ’n boek met 384 bladsye wat die mensdom se soeke na God deur die vernaamste godsdienste van die wêreld nagaan. Dit is in 34 tale vertaal en meer as 15 miljoen eksemplare is al versprei. As jy graag hierdie boeiende publikasie wil lees, kan jy gerus met Jehovah se Getuies by ’n plaaslike Koninkryksaal in aanraking kom of na die naaste adres op bladsy 5 skryf.