“Hulle het my twyfelgedagtes uit die weg geruim”
DIT is wat ’n tiener van Mexiko oor artikels gesê het wat hy in die Ontwaak! gelees het. Hy het geskryf: “Ek is 17 jaar oud en ek is in die tweede semester aan ’n tegniese hoërskool. Ek hou baie van julle tydskrifte. Ek lees hulle al drie jaar lank en maak hulle selfs bymekaar.
“Aangesien ek nie een van Jehovah se Getuies is nie en my hele gesin Katoliek is, durf ek nie die vergaderinge bywoon nie. Ek kry nie die tydskrifte gereeld nie omdat die Getuies nie altyd na ons huis toe kom nie, of wanneer hulle wel kom, is ek nie tuis nie, en my gesin neem nooit die tydskrifte nie. Daarom skryf ek om te vra dat julle vir my die tydskrifte in Engels sowel as in Spaans stuur.
“Julle tydskrifte het my op skool gehelp, onder andere dié oor die oliestorting (22 September 1989), die buiteaardse wesens (8 April 1990), die dinosourusse (8 Februarie 1990) en baie ander. Hulle het my die inligting gegee wat ek nodig gehad het en hulle het my twyfelgedagtes uit die weg geruim.
“Ek geniet dit baie om die reeks ‘Jongmense vra . . . ’ in die Ontwaak! te lees omdat dit my in my alledaagse lewe help, sowel as in my omgang met ander jongmense.”
As jy graag wil hê dat ’n eksemplaar van die Ontwaak! na jou huis toe gestuur moet word, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.