“’n Geskenk wat jy vir enigiemand kan gee”
Dit is wat ’n 82-jarige man in Switserland geskryf het oor die boek Die grootste mens wat nog geleef het. Die boek, wat in 1991 vir die eerste keer gepubliseer is, bied in 133 hoofstukke elke gebeurtenis in Jesus se aardse lewe soos dit in die vier Evangelies uiteengesit is. Waarom was die leser so beïndruk daardeur?
“Die boek is goeie leesstof”, het hy geskryf. “Die letters is leesbaar en die grammatika is uitstekend, wat nie met baie ander boeke die geval is nie.” Die man het hom ook verwonder oor die meer as 200 kleurprente wat “so lewensgetrou is”. Hy het bygevoeg: “Die gebare, die gesigsuitdrukkings en die sagte kleure is so realisties.”
Die bejaarde man stel voor dat mense die boek as ’n geskenk aan ander gee. Hy beskou hierdie “wonderlike en leersame boek . . . as ’n geskenk wat jy vir enigiemand kan gee”. Ons dink ook so.
As jy graag ’n eksemplaar van Die grootste mens wat nog geleef het of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf asseblief aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.
[Prent op bladsy 32]
DIE GROOTSTE MENS WAT NOG GELEEF HET