Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 10/22 bl. 31
  • Vigs en beroemdes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vigs en beroemdes
  • Ontwaak!—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulp aan diegene met vigs
    Ontwaak!—1994
  • VIGS—Wat ouers en kinders moet weet
    Ontwaak!—1991
  • VIGS—’n Krisis vir tieners
    Ontwaak!—1991
  • Hoe dokters hulle teen Vigs beskerm
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1993
g93 10/22 bl. 31

Vigs en beroemdes

DIEGENE wat die doodsberigte lees, is dikwels verstom oor die getal beroemdes wat aan vigs sterf. Newsweek van 18 Januarie 1993 het bevestig dat baie van daardie mense sterf, waar dit sê: “In elke vertakking van die kultuurlewe—dans, teater, letterkunde, musiek, ontwerpkuns, mode, kuns, televisie, films—gaan vigs voort om verwoesting te saai.”

Newsweek het ook gesê: “Parys is baie soos New York of Los Angeles: een studie het getoon dat die dood van meer as 60 persent van Paryse mans tussen 25 en 44 in die beroepsrigtings van joernalisme, kuns en vermaaklikheid deur vigs veroorsaak is.”

Die tydskrif People van 23 Januarie 1993 het in sy artikel “Vrees op die ys” van die verwoestende effek vertel wat vigs op beroepsysskaats het. Dit het gesê: “Ná hulle sport deur meer as 40 sterfgevalle geruk is, treur Noord-Amerika se top sierskaatsers oor die verlies van hulle vriende en die verskriklike prys van vigs.”

John Curry, ’n Britse wenner van ’n Olimpiese goue medalje, is in die tydskrif genoem as “die bekendste skaatser wat vigs het”. Hy word as volg aangehaal: “My hele vriendekring het aan vigs gesterf.” Waarom het soveel skaatsers vigs opgedoen?

Hulle lewenstyl is die rede. People het hierdie feit aan die lig gebring toe dit gesê het: “Terwyl skaatsers, afrigters en amptenare die dood van hulle vriende privaat betreur, bly hulle verward en bang om vigs en die kwessie van homoseksualiteit onder ysskaatsers in die openbaar aan te spreek.”

Promiskue geslagsomgang—homoseksueel sowel as heteroseksueel—is inderdaad die hoofoorsaak van vigs. In Desember 1991 het twee dokters in Kanada aan die lig gebring dat ’n vrou wat aan vigs gesterf het tot 70 spelers van die Nasionale Hokkieliga opgenoem het met wie sy seksuele kontak gehad het. “Die voorval het groot ongemaklikheid in sommige N.H.L.-spanne veroorsaak”, het The New York Times van 5 Desember 1991 gesê. “Dit is weerspieël in die sombere groepe spelers en afrigters wat bymekaargekom het om die saak vandag tydens hulle oefensessie te bespreek.”

Wat moet gedoen word? “Die boodskap wat ons aan kinders moet uitstuur, is nie veilige seks nie, maar vermy seks”, het een hokkiespeler van die Montreal Canadiens gesê. “Moenie geslagsomgang hê tot nadat jy getroud is nie.” Dit is nie nuwe raad nie, want die Bybel spoor ons aan: “Vlug vir die hoerery.”—1 Korinthiërs 6:18.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Focus On Sports

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel