Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 8/22 bl. 31
  • Vertroosting vir dié wat aan depressie ly

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertroosting vir dié wat aan depressie ly
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 8/22 bl. 31

Vertroosting vir dié wat aan depressie ly

Verlede jaar het Jehovah se Getuies ’n traktaatjie van ses bladsye uitgegee wat oor die bogenoemde onderwerp handel. In ’n baie bondige vorm voorsien dit die soort hulp wat depressiewe mense nodig het. Die traktaatjie toon dat die Bybel die beste bron van vertroosting is. Dit haal tientalle gepaste Bybeltekste oor depressie aan, onder andere party wat gebruik kan word om depressiewe mense te help.

Verlede herfs het die takkantoor van Jehovah se Getuies in Rome, Italië, ’n telefoonoproep ontvang waartydens die persoon wat geskakel het, gesê het: “Ek wil julle bedank vir die traktaat oor depressie. Ek het dit pas ontvang en voel ek móét net skakel om julle te bedank. Nog nooit het ek in enige mediese publikasie iets gelees wat so bemoedigend is nie. Ek wil julle gelukwens omdat julle so min ruimte gebruik om soveel te sê.

“Toe ek die traktaat gelees het, het ek gehuil. En ek wil julle aanspoor om met julle werk voort te gaan. Dit is belangrik; julle moet dit oor die hele Italië en oor die hele wêreld doen.”

As jy graag ’n eksemplaar van hierdie traktaat, Vertroosting vir dié wat aan depressie ly, of meer inligting wil hê, skryf gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel