Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 5/8 bl. 32
  • “‘Jehovah’ deur die Nazi’s uitgewis”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “‘Jehovah’ deur die Nazi’s uitgewis”
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 5/8 bl. 32

“‘Jehovah’ deur die Nazi’s uitgewis”

DAARDIE woorde was die voorbladopskrif van die New York Herald Tribune van 20 November 1938. Die artikel het gesê: “Protestantse kerke in dele van die land [Duitsland] is beveel om van die woord ‘Jehova’—die Duitse spelling van Jehovah wat uit ‘Jahweh’, die Hebreeus vir God, kom—en ook van die Ou-Testamentiese name van Joodse profete ontslae te raak.”

Dit alles het deel uitgemaak van die Nazi’s se vervolgingsveldtog teen die Jode. Terselfdertyd was dit ongetwyfeld ook bedoel om Jehovah se Getuies, wat sedert 1933 in die ban gedoen was en ook na die konsentrasiekampe gestuur is, ’n slag toe te dien.

In 1933 was daar 19 268 bedrywige Getuies in Duitsland. Vandag, ná al die vervolging deur die Nazi’s en, tot onlangs nog, die Kommuniste in Oos-Duitsland, is daar 163000 Getuies in 1938 gemeentes. En die naam Jehovah is nie uit die Duitse woordeskat uitgewis nie. Zeugen Jehovas, Jehovah se Getuies, is oor die hele Duitsland bekend.

As jy meer inligting oor die Getuies wil hê, kan jy gerus met Jehovah se Getuies by ’n plaaslike Koninkryksaal in aanraking kom of aan die adres naaste aan jou skryf deur die lys op bladsy 5 te gebruik.

[Prent op bladsy 32]

Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Selters/Taunus, Duitsland

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel