Onderwysers gee die skepping ’n kans
Op ’n groot muur van ’n skool in Berlyn, Duitsland, was daar ’n skildery wat getoon het hoe aapagtige gediertes kwansuis tot die hedendaagse mens geëvolueer het. Toe die leerlinge eendag by die skool kom, het hulle gesien dat die prent wit geverf is. Wat het gebeur?
’n Sestienjarige leerling met die naam Natalie, een van Jehovah se Getuies, het haar biologieonderwyseres gevra waarom die prent doodgeverf is. Die onderwyseres het verduidelik dat ’n leerling haar ’n eksemplaar van Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? gegee het. Die boek het haar só beïndruk dat sy dit vir die skool se ander biologieonderwysers gewys het. Die boek het hulle ook gefassineer.
Die onderwysers het derhalwe besluit om die afbeelding dood te verf om, soos hulle gesê het, ‘te voorkom dat die denke van die leerlinge vooraf beïnvloed word’. Pleks van die leerlinge net die evolusieteorie te leer, het die onderwysers dus beplan om ook die skepping te leer met behulp van materiaal uit Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
Hierdie fassinerende publikasie word uitgegee deur Jehovah se Getuies, ’n internasionale organisasie van meer as viermiljoen Bybelstudente wat hulle daarop toelê om mense te help om meer omtrent God se voornemens te leer. As jy graag meer wil weet of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.
[Prent op bladsy 32]
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?