Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 11/22 bl. 32
  • Dit help die jongmense

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit help die jongmense
  • Ontwaak!—1992
Ontwaak!—1992
g92 11/22 bl. 32

Dit help die jongmense

VERLEDE jaar het ’n ma van Dearborn, Michigan, VSA, ’n dokter besoek saam met haar seun, Max, wat vir ’n leergestremdheid behandel is. “Aangesien die dokter daarin spesialiseer om aan jongmense raad te gee”, het die ma gesê, “het ek gedink dit is noodsaaklik dat hy die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk het. Hy het dit met groot geesdrif aanvaar.”

Terwyl Max se ma vir hom gewag het om met sy sessies met die dokter klaar te maak, het sy Tim leer ken, ’n 12-jarige wat gewag het om dieselfde dokter te spreek. Sy het ’n vriendskap met Tim gesluit en ook vir hom ’n eksemplaar van die Jongmense vra-boek gegee. Sy vertel wat gebeur het:

“Minstens ’n maand het verbygegaan voordat ek Tim weer gesien het. Ek het hom by die dokter se spreekkamer sien uitkom. Toe hy my sien, het hy sy Jongmense vra-boek glimlaggend omhoog gehou sodat ek dit kon sien. Sy ouma het gesê hoe wonderlik die boek is en hoe dit Tim gehelp het. Toe ek daarna in die dokter se spreekkamer kom, het hy verduidelik dat hy en Tim die boek saam bestudeer en dat hy vir Tim hoofstukke gee om vir bespreking voor te berei.”

Hierdie dokter, asook Tim en sy ouma, is van die miljoene wat besef hoe waardevol hierdie puik publikasie is wat deur Jehovah se Getuies voorberei is om jongmense te help om hedendaagse uitdagings en probleme die hoof te bied.

As jy meer wil weet of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5 skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel