Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 9/8 bl. 31
  • “Jehovah se Getuies-dag”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Jehovah se Getuies-dag”
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Godsdiensvervolging in Georgië—Hoe lank nog?
    Ontwaak!—2002
  • Leef jy jou toewyding na?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Toewydings van takkantore
    2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Georgië—’n Eertydse erfenis word bewaar
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 9/8 bl. 31

“Jehovah se Getuies-dag”

JEHOVAH SE GETUIES geniet1 dit om verskeie kere gedurende die jaar in groot getalle bymekaar te kom. Hulle kom byeen om van God en sy regverdige beginsels te leer. Hierdie vergaderinge is ook ’n uitstekende geleentheid vir bemoedigende omgang met mede-Christene.—Hebreërs 10:24, 25.

Watter uitwerking het hierdie groot groepe besoekende Getuies op die stede wat vir hierdie byeenkomste gekies word? Natuurlik is dit finansieel voordelig vir die plaaslike ekonomie. Maar daar is ook “hulle voorbeeld van toegewydheid en persoonlike welvoeglikheid”, soos die burgemeester van die stad Gainesville, Georgia, VSA, in ’n proklamasie gesê het.

Hierdie amptelike dokument het ten dele gesê: “AANGESIEN Jehovah se Getuis die afgelope 11 jaar al gemiddeld 14 naweke per jaar by die Georgia Mountains Center vergader, met ’n gemiddelde bywoning van 2200 by elke sessie; en . . . hierdie ‘groot wolk van Getuies’ sekerlik vir almal wat dit al gesien het ’n besielende getuienis van geloof en toegewydheid gee:

“DAAROM VERKLAAR EK, Emily D. Lawson, burgemeester van die stad Gainesville, hiermee Saterdag, 23 November 1991, ‘JEHOVAH SE GETUIES-DAG’ in Gainesville; en ek doen ’n beroep op alle inwoners om aan hierdie besoekers erkenning te gee en hulle hartlik te verwelkom, en om hulle voorbeeld van toegewydheid en persoonlike welvoeglikheid by elke geleentheid wat hierdie naweek en die toekoms bied na te doen.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel