Onderwysers wil hulle hê
UIT Nederland skryf ’n 17-jarige skolier: “My skoolvriendin het baie vrae gevra oor die verskille in godsdienste. Ek het van die geleentheid gebruik gemaak om haar die boek Die mensdom se soeke na God te gee. Toe ons klas opdrag kry om ’n opstel te skryf oor ’n onderwerp van ons keuse, het my vriendin godsdiens as onderwerp gekies sodat sy haar nuwe boek kon gebruik.
“Aangesien ons moes aandui uit watter bronne ons die inligting gekry het, het ons onderwyser die boek in die hande gekry. Later het hy gevra waar ‘daardie uiters interessante boek’ vandaan gekom het. My vriendin het verduidelik dat die boek van my af gekom het.
“My onderwyser het my dadelik gevra om vier eksemplare, vir hom en sy vriende, te kry. Die volgende dag het ek hom die boeke gegee, en hy het hulle dadelik vir die ander onderwysers gewys. ’n Rukkie daarna het hy vir my gesê: ‘Ek het die skoolbestuur se toestemming om 35 van hierdie boeke aan te skaf.’”
Baie besef vandag dat dit noodsaaklik is om godsdiens te ondersoek. Die meeste mense ken slegs hulle ouers se geloof en dikwels ook maar net oppervlakkig. Maar moet jou godsdiens eenvoudig dié een wees wat jy al sedert jou geboorte het? As jy jou godsdiens met dié van ander vergelyk, sal jy in ’n gunstige posisie wees om ’n verstandige keuse te maak.
As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, of aan die gepaste adres op bladsy 5.