Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 6/22 bl. 3
  • ’n Uitdaging vir ouers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Uitdaging vir ouers
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal seks ons verhouding verbeter?
    Ontwaak!—2010
  • Sal seks ons verhouding verbeter?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Wat kan ek doen as druk op my geplaas word om seks te hê?
    Antwoorde op 10 vrae wat jongmense vra
  • Skerp sedelike waardes by jou kinders in
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 6/22 bl. 3

’n Uitdaging vir ouers

Die wêreld is vandag baie onsedeliker as in die verlede. Daar is ’n oorvloed van seksgeoriënteerde advertensies. Tydskrifte wat vroue uitbeeld as speelpoppe word by die kruidenierswinkel verkoop. ’n Rockliedjie ondersteun afspraakverkragting, wanneer ’n vrou verkrag word deur iemand wat sy ken. Die dinge wat ons elke dag sien en hoor, getuig daarvan dat ons inderdaad in ’n onsedelike wêreld leef!

GREER LITTON FOX, professor in gesinstudies, het opgemerk dat “minder as 5 persent van die sowat 40” seksdade of geïnsinueerde seksdade “wat daagliks van 1:30 tot 11 nm. op televisie vertoon word getroude paartjies insluit”. Aangesien die media hul bes doen om geslagsomgang te bevorder, is dit nie verbasend om ook te lees van die “ongelooflike hoeveelheid tienerswangerskappe en hulle verwoestende gevolge” nie.

Dit is beslis vir ouers wat hulle kinders se belange op die hart dra ’n uitdaging om hulle in hierdie onsedelike wêreld groot te maak. Maar dit beteken nie dat alle jongmense geslagsomgang het nie. Opnames toon dat die helfte van alle Amerikaanse meisies tussen die ouderdom van 15 en 19 al geslagsomgang gehad het, en dit bevestig dat die helfte nog nie geslagsomgang gehad het nie! Daarbenewens wens baie van dié wat seksuele verhoudings gehad het dat hulle nie só betrokke geraak het nie. Een van hulle het aan Ann Landers, rubriekskrywer van ’n koerant, geskryf:

“Geslagsomgang met Joe (my eerste “liefde”) het my teleurgestel, ek het dus weer met Mike probeer, toe met Neal, toe met George. Ek weet nie waarna ek gesoek het nie. Maar wat dit ook al was, ek het dit nie gekry nie. Ek het ’n klomp dwase idees uit tydskrifte, strooisages en rolprente gekry. Die werklikheid was egter heeltemal anders.

“As ek met die jong meisies kon praat wat jou rubriek lees, sou ek vir hulle sê dat geslagsomgang tussen tieners nie probleme oplos nie, dit skep eerder meer probleme. Dit laat ’n meisie nie bemind voel nie, dit laat haar goedkoop voel. Ek sal vir hulle sê dat dit ’n meisie nie ’n ‘volwasse vrou’ maak nie, dit het eerder die teenoorgestelde uitwerking.

“As ek met die ouers kon praat, sou ek hulle aanspoor om selfrespek en hoë standaarde by hulle kinders in te skerp.”

Die moontlikheid dat jongmense wat ’n hegte verhouding met hulle ouers het, veilig in hulle gesinne voel en goed oor hulself voel slagoffers van onsedelikheid sal word, is in werklikheid baie kleiner as in die geval van diegene wat nie hierdie dinge het nie. En daar is ’n organisasie van ruim viermiljoen mense oor die hele wêreld waarin die jongmense gehelp word om volgens ’n baie hoër standaard te leef as wat daar vandag oor die algemeen gehandhaaf word.

Maar hoe kan jy, met die oog op hierdie feite, jou kinders help sodat hulle hulself teen die toenemende onsedelikheid van hierdie wêreld kan beskerm? Hoe kan jy hulle help om ’n gelukkiger, beter en sedeliker lewe te lei? Dit is die onderwerp van die volgende twee artikels.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel