Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 5/22 bl. 20
  • Maar is dit eg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maar is dit eg?
  • Ontwaak!—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Lewensgevaarlike vervalsings
  • Kredietkaarte en salaristjeks—Eg of vervalsings?
    Ontwaak!—1996
  • Kopers, pas op! Vervalsing kan lewens kos
    Ontwaak!—1996
  • Vervalsing—’n wêreldwye probleem
    Ontwaak!—1996
  • Gebruik geneesmiddels verstandig
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 5/22 bl. 20

Maar is dit eg?

ENIGIETS wat gemaak kan word, kan vervals word. Dit wat te koop aangebied word, is dalk presies wat jy wil hê—maar is dit eg? Van tyd tot tyd is daar drasties opgetree om vervalsing aan bande te lê. In die 14de eeu is ’n Duitse herbergier opgehang omdat hy minderwaardige wyn as egte Rüdesheimer verkoop het. Meer as 300 mense is gedurende die 140 jaar voor 1832 in Brittanje opgehang weens vervalsing. Twee goudsmede is in 1597 aan hulle ore aan die skandpaal vasgespyker omdat hulle minderwaardige goudwerk valslik gemerk het.

“Die versamelmanie het ’n paradys vir oneerlike handelaars geskep”, sê Mark Jones, wat by die Britse Museum se uitstalling Fake? The Art of Deception betrokke was. Selfs die mees ingeligte mense het slagoffers geword. Die “fossiel” van die Piltdown-mens was ’n vervalsing en het die wetenskaplike gemeenskap jare lank geflous. Die Hitler-“dagboeke” lewer sprekende bewys dat vervalsers selfs dié kan bedrieg wat van beter behoort te weet.

“Die gebied waarop vervalsing vandag grootliks toeneem”, sê Mark Jones, “is . . . die grootskaalse vervalsing van goedere met handelsmerke.” Daar is byvoorbeeld geraam dat daar in 1987 elke maand 10000 tot 15 000 nagemaakte Apple-rekenaars in die Verenigde State verkoop is. Bedrog ter waarde van R90,75 miljoen in vervalste Waterford-kristalglasware is onlangs onthul. “Namaaksels van die beroemdste kristalwerk ter wêreld is by ’n fabriek in ’n afgeleë Franse dorp vervaardig”, het The Sunday Times van Brittanje berig.

Hierdie geslag begeer weeldeartikels. “Vandag”, sê Vincent Carratu, ’n veteraan in die oorlog teen vervalsers, sal die kommersiële vervalser “valse Chanel-parfuums maak, môre sal hy oorslaan na vervalste Fila-sporthemde en later sal hy vervalste Dunlop-tennisrakette invoer”. Die vervalser maak enigiets wat die verbruiker wil hê. Maar “alte dikwels is die ‘winskoop’ van ’n ontwerpershorlosie, wat vir [R245] verkoop is, eintlik net [R24,50] werd”, waarsku Brittanje se Antivervalsingsgroep.

Lewensgevaarlike vervalsings

Anti-Counterfeiting News wys ook op nog ’n probleem, die gevaar van minderwaardige artikels: “Gevaarlike en minderwaardige produkte hou ’n wesenlike bedreiging vir die veiligheid van verbruikers in.” Hoe ernstig is hierdie bedreiging? Trademark World gee hierdie voorbeelde: “Veertien vliegongelukke en minstens twee sterfgevalle is toe te skryf aan vervalste vliegtuigonderdele.” Brittanje se Nasionale Verbruikersraad het onthul dat duisende minderwaardige steekkontakte en nagemaakte motorremsilinders met minderwaardige rubberseëls op die mark beland het. “Al hierdie dinge kan vir die verbruiker gevaar inhou”, het dit gesê.

Diegene wat nagemaakte dwelms vervaardig, is veral gevoelloos. “Tot 70% van alle dwelms wat in dele van Afrika verkoop is, is nagemaak”, sê Brittanje se Antivervalsingsgroep. Oogdruppels wat in Nigerië aangetref is, het byvoorbeeld geen medisinale waarde gehad nie en is van besmette water gemaak. Dit kon blindheid veroorsaak het. “As mense moet staatmaak op ‘antibiotika’ wat geen antibiotika bevat nie, sal sterfgevalle beslis voorkom en daarom is vervalsing massamoord”, het die Wêreldgesondheidsorganisasie in 1987 gesê.

Selfs die banknote wat jy gebruik, is dalk vervals. Daar is onlangs, gedurende een jaar alleen, wêreldwyd op $110 miljoen se vervalste dollarnote beslag gelê. Vervalste $100-note wat in Ierland in omloop was, was van so ’n goeie kwaliteit dat “155 in al die groot banke aanvaar is”, sê The Irish Times.

Hoe kan jy jou teen vervalsings beveilig? ’n Deskundige op die gebied van verbruikersake sê dat “’n ingeligte verbruiker die beste beveiliging teen bedrog is”. Sy voeg by: “As iets klink of dit te goed is om waar te wees, dan is dit waarskynlik.”

[Prent op bladsy 20]

Die Piltdown-“fossiel” was ’n vervalsing wat wetenskaplikes jare lank geflous het

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel