’n Regsgeleerde se beskouing van die lewe
LEWE—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Miljoene het al hieroor gewonder. In 1985 is ’n deeglik nagevorste boek met 256 bladsye met die bogenoemde titel gepubliseer om hierdie vrae te ondersoek. Meer as 26 miljoen eksemplare van die boek is reeds in 28 tale gedruk. Nadat ’n halfafgetrede prokureur dit gelees het, het hy uit waardering geskryf:
“Oor die afgelope twee jaar het ek dit vier keer gelees, en ek is steeds beïndruk met die diepte van die navorsing, vakkundigheid en dokumentasie waarmee dit saamgestel is.
“Hou asseblief aan om dit te druk. Elke mens in die wêreld behoort hierdie boek te hê. As dit sou gebeur, sal al die geredekawel en verwarring oor ons ontstaan sowel as die ateïstiese opvattings daaroor onmiddellik beëindig word.
“Ek het grade in die regsgeleerdheid en die politieke wetenskap en in geskiedenis en kan aan geen enkele boek dink wat sy verduidelikings so duidelik en kragtig ontwikkel nie. Die bibliografie is onvergelyklik.”
As jy graag meer inligting oor die oorsprong van die lewe op aarde en die doel daarvan wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak 2067, Krugersdorp, 1740, of aan die gepaste adres op bladsy 5.