Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 10/22 bl. 19
  • Godsdiens se verdeelde huis

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godsdiens se verdeelde huis
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sal jy vir ’n Moslem sê?
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Lei alle godsdienste na dieselfde God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die probleem met godsdiens
    Ontwaak!—2011
  • Die mensdom se soeke na God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 10/22 bl. 19

Godsdiens se verdeelde huis

Van al die wêreld se godsdienste is Rooms-Katolisisme, die Islam en Hindoeïsme die grootste. Daar is blykbaar 985 miljoen Rooms- Katolieke, wat 18,8 persent van die totale wêreldbevolking van 5,24 miljard uitmaak, terwyl 912 miljoen (17,4 persent) bely dat hulle Moslems is en 686 miljoen (13,1 persent) Hindoes is—meer as twee keer soveel as die 320 miljoen Boeddhiste.

“Van al die godsdienste word die Christelike godsdiens die meeste beoefen”, het Asiaweek gesê. “Maar dit is in soveel histories vyandige sektes geskeur—waarvan die Protestante en Katolieke van Noord-Ierland die prominentste oorblywende voorbeeld is—dat dit vir baie mense moeilik is om daaraan te dink as een godsdiens. . . . Moslems is minder in sektes verdeel as Christene, maar Sunni en Sjia is twee afsonderlike strome met ’n geskiedenis wat nie altyd harmonieus was nie.” Die grootste groep Moslems is die Sunni’s.

Daarbenewens bely ’n aansienlike aantal van die wêreld se bevolking geen godsdiens nie. ’n Groot deel van hierdie bevolking is in China, Oos-Europa en die Sowjetunie. Dié wat niegodsdienstig is, tel 896 miljoen, en ateïste maak ’n verdere 236 miljoen uit.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel